Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 7: 'n Dag in die lewe van die Kwarantyn-huis – Kwarantyn

Nuus
16 Junie 2020
As jy Dag 7 van Kwarantyn misgeloop het of net 'n herinnering kort van wat alles gebeur het, lees gerus hier ...
kn kwarantyn dag6 oggend sing

Om 07:00 het ons hierdie jeugdag afgeskop deur ons daaglikse peiling en aan kykers gevra: "Wie hoef nie vandag te oefen nie?". Die kykers kon kies tussen Jade of Kel-cee van #SpanScheepers.

Beide families het hul kragte vir die dag bymekaar geskraap met 'n lekker ontbyt voor hulle hul oggend oefen-uitdaging ontvang het.

Ons het gaan inloer by die jongspan van #SpanScheepers en #SpanLeRoux om meer te leer oor hulle gedagtes rondom jeugdag en die toekoms van Suid-Afrika.
LEES: Dag 7: Scheepers: ‘SA se toekoms blink!’ – Kwarantyn

LEES: Dag 7: Die jong Le Roux’s – Kwarantyn​

#SpanScheepers het om 10:30 hul uitdaging vir die dag ontvang en geleer dat hulle 'n 500-stuk puzzle moet bou binne 'n uur en twintig-minute. Om 14:30 het #SpanLeRoux dieselfde uitdaging ontvang.  

Om 17:00 het beide families hulle koskenades-uitdaging ontvang vir aandete en met die tema van die dag moes die jeug in die huise die kos voorberei. 

Om 20:00 het die Opsigter die spanne ingelig wie die wenners van die dag se uitdagings is.

Die families het na aandete 'n paar rondtes Pictionary geniet teen mekaar, tydens vanaand se speletjiesaand.

Gesels saam FacebookInstagram en Twitter en gesels saam deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik.

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 sowel as kykNET&kie, kanaal 145 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00.