Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 6: ‘n Koue, besige dag – Kwarantyn

Nuus
15 Junie 2020
Indien jy nie vandag ingeskakel het op kanaal 149 nie – ontspan! Hier is ‘n opsomming van die dag se gebeure.
Day 6 Article Image

Beide gesinne het vroeg opgestaan om die dag aan die gang te kry. Terwyl #SpanLeRoux onmiddellik met ‘n push-up challenge begin het, het #SpanScheepers eers begin met ‘n stewige ontbyt.

Na ontbyt, het Die Opsigter aangekondig dat dit tyd is vir hulle oefensessie – buite – in dié koue! (Hulle is brawer as ons!) Maar beide #SpanScheepers en #SpanLeRoux het hulleself goed van hul taak gekwyt.

Gelukkig was daar bietjie van ‘n pouse na die oefensessie en kon die gesinne bietjie tyd saam spandeer voordat Die Opsigter die volgende taak aangekondig het. Die opdrag was die #SpanLeRoux ‘n stillewe moes skilder. (Klink makliker as wat dit is.)

Tydens die sessie het #SpanScheepers ‘n boodskap gekry om in die stoorkamer te gaan soek na hulle verrassing. Wie sou nou kon dink dat dié verrassing die oulike hondjie, Max sou wees! Dit was liefde met die eerste oogopslag toe hulle kennis maak met hulle nuwe vierpoot-familielid.

‘n Mens sou dink dat hulle na so besige oggend, moeg sou wees, maar jy moet nie #SpanScheepers en #SpanLeRoux onderskat nie!

Na middagete het Die Opsigter vir #SpanScheepers dieselfde stillewe opdrag gegee as vir #SpanLeRoux. Ons kan nie wag om te sien wie se meesterstuk die beste gaan wees nie.

Onthou om in te skakel op DStv kanaal 149 vir al die wel en weë van #SpanScheepers en #SpanLeRoux tydens #Kwarantyn. Jy kan ook lekker saam gesels op Facebook, Twitter en Instagram. Jy kan ook weeksdae om 17:30 inskakel op kykNET kanaal 144 vir die daaglikse hoogtepunte-episode. Sowel as die uurlange hoogtepunt episode Woensdae om 20:00 op kykNET.