Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 6: Die Scheepers kry twee gaste in een dag – Kwarantyn

Nuus
15 Junie 2020
Kwarantyn is dalk nie so erg nie – veral nie as jou span bekende, en onbekende, gesigte sien nie (selfs al is nie al die gesigte mense nie).
Scheepers Familie

Tot die Max-10! Daai verhoogte gevoel van bestaan! Dis wat #SpanScheepers ervaar het toe hulle krulstert en natneus, Max, vir die eerste keer gesien het.

Die Opsigter het die span omkant gevang met ‘n boodskap dat daar ‘n verrassing wag in die stoorkamer, en na ses dae in #Kwarantyn kan ‘n mens maklik honger word vir iets lekker in die spens. Maar vergeet van tjoklits en malvalekkers, dis die honger vir sosiaale-interaksie wat mense tref gedurende inperking. So inplaas van kos het hulle ‘n nuwe hondeknuffel  gekry om saam #SpanScheepers in hul vreugde en nederlae te deel.

Maar Max het nie alles maklik gemaak nie, een van die hoogtepunte vandag was juis toe hy vinnig touwys moes word om die swembad te gebruik, sonder om bodem toe te sak.

Na Vlooi op Dag 4 aangesluit het by die Le Roux’s kan die Scheepers ook nou pronk met nog ‘n huismaat. Vlooi het homself al kaar keer op keer as 'n wonderlike deel van die Le Roux's bewys.

Max kuier uit die Nieregeringorganisasie FourPaws in Fourways, Johannesburg. Hulle glo in die Englese-uitdrukking; ‘Adopt, don’t shop.”

En met Max in die huis gaan baie nuwe natneusies dalk huise kry tedanke aan die nuwe lid van #SpanScheepers.

Maar Max het tot nou sy eie instagram blad, so hy, net soos Vlooi - is nou famous.

Maar dit was nie die einde van eerstes vir #SpanScheepers nie.

Hulle het vandag hul eerste besoeker (behalwe natuurlik Die Opsigter op hul skerms) ontvang toe Jade en Kel-Cee se ma kom kuier in die huis.

Dit was heerlik, en al die Scheepers het met ‘n koppie koffie opgevang, en was vertel hulle moet nooit hulle unieke ‘vibe’ verloor nie.

Onthou om in te skakel op DStv kanaal 149 vir al die wel en weë van #SpanScheepers en #SpanLeRoux tydens #Kwarantyn. Jy kan ook lekker saam gesels op FacebookTwitter en Instagram. Jy kan ook weeksdae om 17:30 inskakel op kykNET kanaal 144 vir die daaglikse hoogtepunte-episode. Sowel as die uurlange hoogtepunt episode Woensdae om 20:00 op kykNET.