Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 6: Afsondering is ‘n stillewe – Kwarantyn

Nuus
15 Junie 2020
Skilder, verf, skep – dit klink soos die perfekte slagspreuk vir ‘n baie duur kunsskool waar ‘n Xander blom, Jan-Hendrik Pierneef, Diane Victor of Porchie hul opvoeding sou ontvang. Maar met minder as twee ure moes die spanne vandag vinning touwys raak om iets te verf.
Vq7r3SHVC10

Vandag moes #SpanScheepers en #SpanLeRoux skilder, verf en skep in minute na Die Opsigter almal gevra het om tydens die groeptaak drie stillewens per span te verf. En sonder om doekies (of is dit doeke) om te draai, kan die beste skilders 1000-punte wen.

Maar die taak is nie so maklik soos dit lyk nie. ‘n Bak vrugte is meer as net kos, dis kuns, in die uitdaging.

Vir #SpanScheepers het Austin, Kel-Cee en Jada hulself Hans Memlin-gehou met haarfyn details op elke doek.

Maar die Le Roux’s was ook lus vir die uitdaging, met Jana, Lisa en Heindrich wat wys hulle sit kleur in die lewe. Hulle interpretasie van die vrugtebak was minder letterlik, maar wat is kuns inelkgeval? Wel, dis wat jy maak – en die Le Roux’s het nie laer getrek nie.

Maar teen 20:00 het Die Opsigter besluit dis #SpanScheepers die meeste beindruk het. En nou dat kunsgallerye toe is vir inperking, kan albei spanne saam stem dit was lekker om bietjie nuwe kuns op die muur te sien.

Onthou om in te skakel op DStv kanaal 149 vir al die wel en weë van #SpanScheepers en #SpanLeRoux tydens #Kwarantyn. Jy kan ook lekker saam gesels op FacebookTwitter en Instagram. Jy kan ook weeksdae om 17:30 inskakel op kykNET kanaal 144 vir die daaglikse hoogtepunte-episode. Sowel as die uurlange hoogtepunt episode Woensdae om 20:00 op kykNET.