Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 50: Nie speel-speel punte nie.

Nuus
29 Julie 2020
Kom ons kyk terug na die speletjie punte van Kwarantyn:
punte

Die 50 dae is verby en al die speletjies is gespeel en die liedjies gesing, ons het gaan kyk na van die statistieke oor die laaste 7 weke se huistake

Het julle geweet dat elke week se take of speletjies in 5 verskillende kategorie gedeel was?

Die toegewyde Kwarantyn kykers sou opgelet het dat elke week se take die volgende resep gevolg het:

Maandae het ons goed met die hande gemaak, Dinsdae het hulle buite speletjies gespeel,

Woensdae was dit stokperdjies, Donderdae het ons ‘n nuwe tegniek bemeester en Vrydae het ons die naweek afgeskop met kuns.

Dit was duidelik dat die Scheepers die kunstige familie in die kompetisie was, waar die Le Roux gesin baie goed gevaar het met die meesterklas en die stokperdjie take.

Hier is hoe die families gedoen het in die afsonderlike take.

Elke aand het beide families ook teen mekaar ‘n reeks speletjies gespeel. Hierdie aande het ons gewoonlik in stukke gehad het van lag en vir die twee spanne lekker tyd gegee vir kwaliteit tyd saam.

Hier is hoe hulle met die afsonderlike speletjies gedoen het oor die laaste 50 dae.

Die speletjies en koskenades se finale punte was te naby om ‘n definitiewe wenner te sien oor die weke, dus gaan vanaand se resultaat afhang van die kyker-stemme

Het jy enige boodskappe vir Vlooi? ​Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.