Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 50: Al die bekendes – Kwarantyn

Nuus
29 Julie 2020
Hier is 10 van die musieksterre, akteurs en bekendes wat ingeloer het.
Dag 32 Kurt keur dit goed

Kwarantyn was dalk gemik op span Le Roux en Span Scheepers, maar baie bekendes het ook ingeloer. Van hulle het raad aangebied voor take soos karaoke of toneelspel, terwyl ander net gegroet het uit die buitewêreld.

Schalk bezhuidenhout en Bennie Fourie:

Een van Hotel se skrywers, en akteurs het ingeloer voor ‘n komedie uitdaging waar die spanne tonele van Hotel moes opvoer. Is daar ander bekendes wat jou so lekker gaan laat lag?

Kurt Darren:

Die koning van Afrikaanse-popmusiek het karaoke-raad gedeel, en Braam het breed geglimlag. Die Le Roux’s was tot al op ‘n bootreis saam Kurt, so hulle is duidelik aanhangers.

Stephanie Baartman:

Bibi van Getroud met Rugby het ook kom inloer met uitstkende raad om die spanne se akteursvernuf te laat ontblom.

Willem Botha, Leah en Loufi:

Drie is beter as een – so toe Willem Botha, Leah en Loufi karaoke moes oordeel kon hulle nie uitgepraat raak oor al die talent nie.

Cindy Swannepoel:

As jy tonele van Binnelanders moet optree, is daar geen beter meestersklas van iemand wat ‘n rol het in Binnelanders.

Jo Black:

Vergeet van net inloer, Jo Black is ook een van die Le Roux’s se gunsteling kunstenaars, so sy raad voor ‘n Afrikaanse karaoke aand het diep getref. Amper so die soos die sanger se stem.

Emo Adams:

Wat is beter as om ‘n sang meestersklas van Emo Adams te kry? Hy het albei spanne touwys gemaak in die fynere kuns van karaoke sake.

 ​Wie was jou gunsteling? Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.