Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 5: Sondag-knopers – Kwarantyn

Nuus
14 Junie 2020
Hier is wat jy misgeloop het.
Twister Kwarantyn

Dag vyf in die Kwarantyn-huis was ’n heerlike luilekker Sondag. Die dag was afgeskop met ’n vroegoggend peiling waarin ons by julle wou weet wie tussen Austin en Caryn aftyd kon kry om in te haal op wat ook al hulle wou. Austin het die meeste stemme ontvang, en kon heeldag doen net wat hy wou, maar het besluit om inelkgeval deel te neem aan alle aktiwiteite. 
 

Vir oefening moes hulle reeds 10:10 gereedstaan, en Adriaan en Lisa was gevra om die oefensessie te lei met ’n kombinasie van lewendige bewegings. 

Vir die Sondag-koskenades was die uitdaging om ’n sewe-kleur geroosterde eend voor te berei, en vir nagereg, ’n tradisionele sago-poeding. Dié uitdaging het om 11:15 afgeskop. En kos was presies 13:00 op die tafel.

LEES OOK: SONDAG SAGO-SAGAS

Daar was soos oudergewoonte ’n kinkel in die kabel: Elke span het ’n ekstra bestanddeel gekry wat net nie gehoort het nie. Die uitdaging? Om dit eerder uit te laat. Die Scheeperse het egter ’n interessante sardynslaai aanmekaar geslaan. Dit was ’n ongemaklike situasie in die Le Roux-huis: Pa Braam was glad nie bang om alles van die eend te gebruik nie – van pens tot pootjies. Verder het hy dit goedgedink om die sardyne as vulsel vir die eend te gebruik.



Vir ’n tweede peiling het ons julle, die kykers, gevra of vandag weer ’n uitruil-ete moet wees. Die finale uitslag was ja en die families moes inderdaad etes uitruil. 

REDES HOEKOM JY ONS FAMILIES OP INSTAGRAM MOET VOLG

As aktiwiteit was die twee families ’n karaokemasjien gegee, en die reaksies van dié twee families kon nie anders wees nie.


Vir ekstra tydverdryf het die Le Roux’s Trivial Persuit gespeel. Toets gerus self jou kennis. 

Die tyd breek toe aan om die wenners vir die dag aan te kondig. Die wenners sou aanvanklik met 2 000 punte wegstap, maar Ferdie moes lank dink daaroor, en het besluit om vir beide families 1000 punte te gee.

En die Kaktus van die Week-toekenning het dié week aan Austin gegaan. “Ja, hy gee die meisies gas in die huis,” het Caryn gesê. Austin hou vas aan dié toekenning totdat die volgende Kaktus aangekondig word.

Die aand was afgesluit met Kwarantyn-knopers, oftewel Twister, en dit het gesorg vir ’n heerlike lagsessie. Elke familie moes ’n “spinner” nomineer wie sou seker maak die familie hou by die reëls. Net soos Giant Jenga, was daar ook drie rondtes. Die familie met die meeste punte na 3 rondtes wen. En wie het gewen?

En die prys? ’n Verrasgas!  Die Scheepers was die gelukkige wenners van dié uitdaging en stap weg met 1 000 punte en ’n verrasgas!

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.