Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 49: Nou bure, nie meer opponente – Kwarantyn

Nuus
28 Julie 2020
Só het dag 49 in Kwarantyn verloop.
Welkom Kwarantyn

Die voorlaaste dag van Kwarantyn het ons glad nie teleurgestel nie, en was belaai met opwinding. In ons eerste peiling van die dag wou ons weet of Pamela soos ’n nar moes aantrek vir die volledige duur van die dag. Julle het gestem, en die uitslae was as volg:



KYK OOK: SÓ VIER DIE LE ROUX-FAMILIE DIE VOORLAASTE DAG IN KWARANTYN

Op dag 41 is ons twee families aangesê om met ’n kunsprojek soos min te begin, en vandag was dit tyd om dit in te handig. Daar was egter ’n kinkel in die kabel: Daar is ’n veiling geopen vir beide kunswerke, en die publiek is aangemoedig om ’n bod te plaas deur die woord ‘Kuns’ na 0677991444 te WhatsApp voor Woensdag, 29 Julie om 19:00. Die geld wat hiervoor ingesamel word, sal uiteindelik aan die naaswenners van Kwarantyn oorhandig word.



KYK OOK: DIE LE ROUX-KUNSWERK, VERDUIDELIK



KYK OOK: DIE SCHEEPERS-KUNSWERK, VERDUIDELIK

Daarna het die Opsigter die twee families in kennis gestel dat hulle deursettingsvermoë een laaste keer getoets sou word in Kwarantyn se Kwaraspele 2020: Dis reg, ja. Gedurende die voorlaaste dag, dag 49, sowel as die laaste dag, dag 50, sal daar verwag word van die Le Roux- en Scheepers-familie om aan ’n verskeidenheid van uitdagings deel te neem wat onder meer hulle psigiese, emosionele, en selfs intelektuele vernuf tot die uitserse sal toets. 

KYK OOK: SÓ HET RONDTE EEN VAN KWARASPELE VERLOOP

Wat dié spele so uniek maak, is dat dit nie ’n stryd tussen die Le Roux’s en die Scheepers-familie was nie. Vir dié spele was die spanne verdeel in spanne. Die spanne was as volg: In span-Rookies het ons vir Avril, Lisa, Heinrich, Austin en Jade gehad, terwyl Braam, Adriaan, Caryn, Manie en Kel-Cee in span-Mackas ingedeel was. 

KYK OOK: RONDTE TWEE VAN KWARASPELE WAS BELAAI MET HOOGTEPUNTE

Uiteindelik, net voor die son op die tweede laaste aand sou sak, was die laaste Dinsdag in Kwarantyn afgesluit deur die finale rondte van Kwaraspele. 

KYK OOK: EN ONS SLUIT DINSDAGMIDDAG AF MET RONDTE DRIE VAN KWARASPELE

Vir die laaste aand in Kwarantyn het daar ’n groot verrassing op die families gewag. Op die spyskaart was daar steak, burgers en tjips. En om dit ekstra spesiaal te, maak moes ons twee families vir die eerste keer saam aandete maak, en saam aansit vir dié heerlike maaltyd. Dit was ’n spanpoging soos min, en die kombuis het geweumel. Boonop is daar ook kole op die vuur gegooi. Kyk hier na van hoogtepunte vanuit vanaand se koskenades.

Tussendeur koskenades het Vlooi ’n baie spesiale geskenk ontvang. Die Opsigter het gesê: “Ons is baie bly om te sien dat Vlooi vanaand saam kuier. Maar enige gas wat kom kuier moet ’n aandpak hê. Daar is ’n geskenkie vir Vlooi in die stoorkamer.” Dit was veral Braam wat baie beïndruk was.

 



In ons laaste peiling vir die dag het ons julle gevra of die Kwarantyn-spa vir die laastekeer geopen kon word. Die uitslae was as volg. 

Peiling 2:

 

So was die aand afgesluit met ’n heerlike spa-aand wat gesorg het vir hope vermaak. 

Maak seker jy is eerskomende Woensdag ingeskakel om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 vir die finale uitsending van. En indien jy nie anders kan as om dit mis te loop nie, maak seker jy skakel in vir die herhaling Vrydag om 15:30, ook op kykNET.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.