Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 48: Vermy die ‘FOMO’ – Kwarantyn

Nuus
27 Julie 2020
Hier is vyf redes hoekom jy nie die finale wil misloop nie.
Vermy die Kwarantyn fomo

Op 10 Junie het ons die Scheepers- en Le Roux-familie ontmoet, en sederdien het dié twee uiteenlopende families volksbesit geraak. Ons het gedeel in hulle blydskap en hartseer, en op 29 Julie 2020 omstreeks 20:00 neem ons afskeid van dié unieke klompie inwoners.

Ons kan jou waarborg jy gaan nié dié uitsending wil misloop nie. Daarom deel ons graag vyf redes hoekom ons dink jy eerskomende Woensdag om 20:00 vasgenael gaan wees op kykNET, DStv-kanaal 144:

  1. Die kaptein kom kuier!
    Daar is gerugte dat ’n baie gewilde “kaptein” die finale episode gaan aanbied. Jy het reggehoor, ja. En dié kaptein is gereed om ons in die regte rigting te stuur.
     
  2. Ons gaan terug in tyd
    Stap saam met ons terug in tyd en raak nostalgies. Dis reg, ja. Tyens die slot-episode blik ons saam met die twee families terug op die grootste oomblikke van die reeks.

    LEES OOK: WAT BEPLAN DIE FAMILIES NA KWARANTYN?
     
  3. Ietsie vir almal
    Wie gaan die Karel-toekenning huistoe vat? Wie is die mees outentieke inwoner van die reeks? Dis maar net van die baie verras-toekennings wat uitgedeel gaan word. Skakel in om meer uit te vind.

    KYK OOK: SÓ MAAK DIE SCHEEPERS
     
  4. Waar is Die Opsigter?
    Gaan Die Opsigter die twee families tydens die finale uitsending verras met sy teenwoordigheid? Jy sal slegs weet indien jy inskakel.
     
  5. En die wenner is…
    Wie gaan wegstap met die boerpot van R250 000 in kontant? Maak seker jy skakel in om uit te vind.

    KYK OOK: ONS GESELS MET DIE BIETJIE VERDER MET DIE LE ROUX'S

Maak seker jy is eerskomende Woensdag ingeskakel om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 vir die finale uitsending van. En indien jy nie anders kan as om dit mis te loop nie, maak seker jy skakel in vir die herhaling Vrydag om 15:30, ook op kykNET.

 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid voor Maandag, 27 Julie om 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.