Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 48: Maandag se mannewales - Kwarantyn

Nuus
27 Julie 2020
Al die punte, en die laaste stem rondte.
Screenshot 2020 07 27 at 22

Die laaste Maandag in die Kwarantyn huise was vol vermaak – en beslis ‘n lekker manier om die week te begin.

Eerste was kykers gevra of Heinrich vandag ‘n hemp mag dra? Die antwoord, ja. Kykers het gestem dat Heinrich sy hemp moet aanhou en eerder fokus op die dag.

Die oggend was gefokus op al hul take, veral die laaste kunstaak wat albei spanne voor 20:00 klaar moes kry vir Die Opsigter. Wel, dis tot vandag se groepstaak aangekondig is.

“Nou ja, ek het gevoel ons het nog nie julle kunsvaardighede ten volle ontgin nie, so vandag maak julle vir my abstrakte akriliese gietskilderye,” het Die Opsigter se stem deur die huise weergalm.

Span Scheepers se verf vernuf het hulle 1000 punte besorg.

Hierna was dit terug vir nog meer werk, soos die spanne hulle hangmatte en kunsprojekte moes voltooi.

Kort voor lank is dit tyd vir die nuutste Koskenades, en vanaand was ‘n wonderlike uitdaging. Die spanne reis weer na die Ooste en maak Hoisin vyf-spesery eend met appelsous en tradisionele moo shu-pannekoeke  

RESEP: HOISIN VYF-SPESERY EEND

Die Opsigter was opsoek na ‘n bros velletjie, en Pamela en Avril het nie teleurgestel nie, hulle hoenderborsies was bros en bedek met heerlike Hoisin-sous. Dit het Span Scheepers nog 1000 punte in die sak gebring.

Maar toe om die groot geberutenis. Vir 5000 punte kon kykers kies wie se kunswerke die mooiste is. Die peiling het bepaal dat die Le Roux’s wen. Die Le Roux’s het ook ‘n ekstra 2000 punte vir die heel laaste Pictionary gewen.

Die Scheepers hangmat het wel Die Opsigter beindruk, danksy die uitstekende vlegwerk, en so kon Span Scheepers nog 5000 punte wen.

Dit beteken albei spanne het vandag 7000 punte gewen.

Om 22:00 is die stemme ook gesluit, en vir die volgende twee dae is daar niks meer take nie. Nou is dit net aftel na die laaste episode van Kwarantyn.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.
 

Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.