Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 47: Laaste Sondag in Kwarantyn - Kwarantyn

Nuus
26 Julie 2020
Kom ons kyk terug na die laaste Sondag op Kwarantyn.
dag 47 cover

Hoedjies en sepies

Die laaste Sondag in die Kwarantyn huis en weereens was dit nie sonder hope vermaak nie.

Julle het vroeg al julle stemme dik gemaak en vir die families heel dag laat hooftooisels dra. Die spanne het baie kreatief geraak met hulle kopstukke en Pam het selfs ‘n paar blare laat pronk op haar kop.

Op vandag se Koskenades spyskaart was hoender met tyriyaki-sous en papinoslaai met gebakte alaska nagereg.

Na hierdie nagereg beide families lekker besig gehou het in die kombuis, was dit op die einde van die dag die Le Roux familie wat die 1000 punte opgedis het.

Kort na die families hulle trommeldik geëet het aan ‘n smullekker ete het die Opsigter hulle op nog ‘n skattejag gestuur. Die Opsigter het vir die families ‘n spesiale foto album met van die beste fotos op hulle slim fone in die huis gegee.

Na ‘n lekker verassing van die Opsigter het die families begin reg maak vir sepie-stêrre met nog ‘n spesiale kuiergas, Stephanie Baartman-Petersen.

Hierdie week het die spanne ‘n paar tonele uit die gewilde kykNET drama reeks Getroud met Rugby gedoen en Stephanie, of altans Bibi, het vir hulle ‘n paar oulike wenke gegee.

Ons het ook na die kuier vinnig met Stephanie gesels oor wie sy graag sou saam bring as sy in Kwarantyn deelgeneem het. Lees dit hier.

Beide spanne het hulle baie goed van hul taak gekwyt en baie moeite in vanaand se sepie tonele in gesit. Van hare en grimering tot stel uitleg was dit asof ons regstreeks ingeskakel was op Getroud met Rugby.

Stephanie het saam gestem dat beide spanne net eenvoudig te goed was en die 2000 punte gelyk tussen hulle verdeel het.

Met net 3 dae in die Kwarantyn huise oor, raak ons nou baie opgewonde om te sien wie met die prysgeld gaan wegstap. Onthou om vir julle gunsteling te stem.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.