Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 46: Skaaptjoppies, skattejag en Scheepers!

Nuus
25 Julie 2020
Braai, sing, dans en PUNTE!
wrap up cover (1)

Dit was ‘n GROOT dag in die Kwarantyn huise met ‘n totaal van 16 000 punte op die spel.

Die Opsigter het vroeg vanoggend al speletjies met die families begin speel deur vir julle, die kykers, te vra om te stem wie moet hande klap voor hulle praat. Julle het inderdaad julle stemme dik gemaak en Lisa het haar hande geklap elke keer voor sy gepraat het.

Dit was ook immers ‘n Saterdag op Kwarantyn, en dit roep vir niks anders as ‘n lekker braai nie. Die families se Koskenades uitdaging vandag was ‘n heerlike braai met skaaptjoppies, skaapribbetjies en mielie blik brood. Hierdie sappige skapie was 1 000 punte werd en die Le Roux familie het dit vir hulle in die sak gesteek.

Met net 4 dae oor voor die finaal het die Opsigter die families op ‘n skattejag vol herinneringe gevat vanmiddag en vir hulle fotos van hulle tyd in die huise weg gesteek.

Die groot opwinding het vanaand plaasgevind met die Saterdagaand karaoke en die onthulling van die musiek videos waaraan die families so hard aan gewerk het oor die laaste week.

Beide families was het die hele middag geoefen om hulle woorde te onthou en hulle choreografie presies reg te kry vir vanaand se Karaoke-Pro! Geen lirieke op ‘n skerm nie, geen karaoke masjiene nie, net die ‘back tracks’ van drie Afrikaanse liedjies wat die families moes leer en sing.

Die drie liedjies wat die families gesing het was:

Skepe – Jo Black

Toe vind ek jou – Karen Zoid en Francois van Coke

Wyn – Deon Groot

Ons wil baie dankie sê vir ons spesiale beoordelaars vir vanaand se Afrikaanse Karaoke-Pro weergawe:

Jo Black

Loufie

Willem Botha

Leah

Hierdie span van ongelooflike musikante het na altwee die families se karaoke vertonings gekyk en besluit dat dit #SpanScheepers was wat die 5 000 punte los gesing het.

Kort na die karaoke het ons vir die spanne die eerste keer hulle musiekvideos gewys en voorgestel aan ons beoordelaars vir hierdie taak.

Die beoordelaars vir die musiekvideo taak was:

Willem Botha

Leah

Tarryn Lamb.

Na baie positiewe kommentaar en terugvoer het Willem Botha aangekondig dat die Scheepers die 10 000 punte vir hulle musiekvideo gekry het.  

Kyk gerus na beide van die spanne se musiekvideos hier onder en laat weet ons wat julle gedink het. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.