Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 46: Karaoke-klets met Willem Botha - Kwarantyn

Nuus
25 Julie 2020
Willem Botha gesels karaoke.
karaoke cover (3)

Met amper 15 jaar se ondervinding in die Afrikanse musiekbedryf ken ons almal vir Willem Botha. Hierdie oud-drama student het groot naam vir homself gemaak en die hele Suid-Afrika se harte gesteel met liedjies soos 'soen en vergeet'.

Hierdie veelsydige en ongelooflike talentvolle sanger, skrywer, akteur en aanbieder is besig om die land vol te reis opsoek na die Dorp van die Jaar en het vir ons 'n tydjie afgeknyp om bietjie karaoke te gesels. 

1. Wat is volgens jou die beste karaoke liedjie om te sing?

WB: Enige iets van Bon Jovi is altyd ‘n goeie keuse. Almal ken dit en die verskeidenheid is lekker groot. 'Living on a prayer', 'Bed of roses' of selfs 'It's my life'. Van ‘n lekker ballade tot ‘hard core rock’ gaan jy nie ‘n fout maak nie.

2. Wat is die moeilikste liedjie om te sing in karaoke?

WB: Defnitief ‘The Prayer’ van Celine Dion en Andrea Bocelli. Hulle is twee van die beste stemme in die wêreld en Celine Dion sing al die note wat net engele kan bykom en dan sing Andrea Bocelli bonop in Italiaans ook nog.

3. Deel bietjie ‘n slim mikrofoon tegniek vir die beginners daar buite.

WB: ‘n Ou fees-tegniek wat ons altyd gebruik. ‘When in doubt’ hou jou mikrofoon na die gehoor toe laat hulle sing. Hierdie gee die gehoor ‘n beurt om deel te wees van die vertoning en help as jy jou woorde vergeet.

4. Volgens jou, wat maak die beste karaoke optrede?

WB: Die beste ‘performance’ is as jy sien die mense geniet dit. Hou dit so lekker en los as moontlik. Hoe meer die gehoor sien jy geniet jouself, hoe meer gaan hulle hulself geniet.

5. Watter een van jou liedjies sal jy graag op ‘n karaoke speellys wil sien?

WB: Breek op in stereo – lekker 'rock vibe'.

Swartskaap – lekker saam sing liedjie.

6. Wat is jou gunsteling liedjie om te sing by karaoke?

WB: Hierdie is so klein bietjie ‘embarrasing’, maar Mandy van Barry Manilow is beslis een van hulle. Daardie era van musiek was ‘n groot deel van my grootword en ek sing graag die Westlife weergawe van Mandy. Dit is so ‘n lekker saam sing liedjie en almal geniet hom altyd baie.

 Wat het jy van vandeesweek se karaoke gedink? Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.