Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 45: Die droom van vryheid – Kwarantyn

Nuus
24 Julie 2020
Wengeld kan ‘n kar help koop.
GettyImages-604376477

As jy Jade sien woeker tydens take die laaste paar dae van Kwarantyn, kom dit met 'n goeie rede. Jade wil, as Span Scheepers wen, haar deel van die prysgeld gebruik om ‘n kar te koop. Dit is baie jong mense se droom, en baie jongmense kan nie dadelik ‘n splinternuwe tjor koop nie, so tweedehandse motors is dikwels ‘n goeie opsie.

Volgens Nunben Dixon, ‘n motorkenner is die koop van 'n nuwe motor 'n baie groot besluit, of dit nou 'n vooraf-besit of nuwe wiele is.

Tans doen meeste verbruikers koopnavorsing aanlyn voordat hulle na 'n handelaar gaan om ’n ooreenkoms te sluit. Die nasionale inperking beteken baie kopers spits hulle tot tot aanlyn inkopies, wat 'n skerp toename die afgelope paar maande gesien het. Volgens Dixon het die totale waarde van motorverkope in Junie 2020 met 46% gestyg in vergelyking met die vorige maand in Suid-Afrika.

Vir iemand wat ‘n motor wil aanskaf het hy die volgende raad:

Beplan jou begroting:

As jy nie 'n maandelikse begroting het nie, is dit 'n goeie tyd met dit op te stel voor jy ‘n motor koop. Wees eerlik met jouself en lys al jou uitgawes, sodat jy duidelik kan sien wat jy kan bekostig. Onthou om ekstra geld opsy te sit vir versekering, lisensiëring, onderhoud en af ​​en toe herstelwerk, veral as jy 'n motor koop wat buite ‘n motorplan is. 'n Brandstoftoelaag is ook belangrik - en laat ruimte vir af en toe brandstof prys stygings.

 Keuringsproses:

Oorweeg die kilometers van 'n motor in vergelyking met die ouderdom daarvan. Hoë kilometers op motors beteken die kar kos miskien minder, maar dit kort meer onderhoud. Die diensgeskiedenis van 'n motor is ook baie belangrik, omdat dit onthul hoe goed daar na 'n motor versorg is. Het dit gereelde dienste by goedgekeurde werkswinkels en handelaars gehad, en met die regte tussenposes?

Gaan ook altyd ‘n motor se VIN (voertuigidentifikasienommer) na. Dit laat jou weet of die motor gesteel is, of al in 'n ongeluk was en verseker die verkoper lieg nie vir jou nie. Gelukkig sal betroubare handelaars waarskynlik saamwerk met 'n derdeparty-diens om jou van hierdie moeite los te maak.

Navorsing is belangrik:

Is jy opsoek na 'n motor vir 'n gesin of iets klein om deur die stad te ry? As jy weet ​​wat jy uit jou motor wil kry, moet jy daarop fokus. Wyse raad is om dan uit te vind hoe betroubaar die kar is. As jy sosiale bladsye soos Facebook en Twitter van die handelsmerk nagaan, gee dit jou 'n goeie idee van klagtes vir 'n spesifieke model. Wat meer is jy sal 'n goeie insig kry hoe ‘n handelsmerk kar eienaars behandel. Brandstofekonomie is ook belangrik. Faktor dit in wanneer jy jou keuse maak. ‘n Groot kar gaan eenvoudig meer brandstof gebruik.

Soek betrooubaarheid:

As ju aanlyn na motors kyk kan jy baie kopersangs vermy deur bekende en betroubare verkopers te nader. Weereens, as ‘n plek nie goeie resensies het nie, vermy hulle. Spits jou ore vir handelaars wat goeie diens lewer, en kyk of kopers gelukkig is.

Onthou jy jou eerste motor? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerk #Kwarantyn.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.