Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 44: Wees versigtig aanlyn - Kwarantyn

Nuus
23 Julie 2020
Sosiale media is nie speletjies nie.
GettyImages 538144021

Dink jy voor jy kommentaar lewer op sosiale media? Baie mense doen nie, en dit kan baie nadelig wees vir jou as jy nie versigtig is nie.

Universiteit van Kaapstad se informasie en tegnologiedienste noem juis dat mense nie besef dat enige kommentaar op sosiale media kan terugkom en jou byt. Om seker te maak jy word nie benadeel deur sosiale tegnologie nie, deel die unversiteit die volgende raad:

Verneem jou ma en jou baas lees wat jy plaas:

Enigeiets wat jy skryf of plaas kan terugkom om by jou te spook, so wees versigtig wat jy sê. Moenie foto's van jouself in gevaarlike posisies deel nie, en moenie uiterste sienings met betrekking tot ras, godsdiens of politiek plaas nie. Moenie klagtes of uiterste sienings rakende jou of ander se loopbaan in die openbaar lug nie. As jy emosioneel is, moet jy eers tyd vat om ‘n situasie te bedink. Moenie net negatiewe opinies kwyt raak sonder feite nie. Gewoonlik is jou opinies presies dit, joune, en stem nie ooreen met ander se idees nie.  

Jy is nooit regtig anoniem nie:

Dit is baie maklik om iemand agter ‘n profiel op te spoor, veral as ‘n profiel die wet oortree. Organisasies soos die Suid-Afrikaanse Menseregtekommisie spoor gereeld booswigte op wat neerhalende, rasisitiese of onwettige stellings op sosiale media maak. Selfs al het jy ‘n profiel met geen inligting op nie, kan jou URL steeds opgespoor word, sowel as die toestel waarop ‘n profiel geskep is.

KYK OOK: IS JY GEBOELIE?

Mense kan jou maklik opspoor:

Moenie onthullende foto's of inhoud plaas nie. Nie net kan jy ‘n teiken word vir misdadigers nie, maar jy kan ook geteister word. Dis nooit wys om jou besittings op sosiale media platforms te plaas en jou ligging te deel nie. Moet ook nooit te veel van jou skedule deel nie, en wees op jou hoede om fotos van kinders en familie te deel wat hulle in gevaar kan stel.

Wees versigtig vir ‘nuwe’ vriende:

Weet wie jou wie jou vriende is - dit is onverstandig om vriende met vreemdelinge op sosiale media-webwerwe soos Facebook te maak, want jy kan nooit seker wees wat hul motiewe is nie.

Moet nooit jou ligging deel nie:

Pasop altyd wanneer jy jou ligging wil plaas. Instagram, Twitter en Facebook het liggingsinstellings wat jy kan afskakel. Hierdie ligginginstellings kan jou presiese ligging binne enkele meters wys. Dis baie gevaarlik. Een bekende geval was realiteit-TV ster Kim Kardashian wat beroof is in Parys toe boewe haar sosialemedia plasings gebruik het om haar op te spoor. Deel altyd na ‘n funksie of geleentheid fotos wat jy geneem het. Dit gee jou ook kans om mooi filters op te sit, en die fotos gaan beter lyk.

Pasop wat jy deel:

Om jou selfoonnommer en adres aanlyn te deel word nooit aanbeveel nie. Bepaal eerder vooraf wie jou profiel sien, en beperk die inligting wat mense sien.

Die wêreld hou jou dop:

As jy nie wil hê iets moet wyd uitgesaai word nie, moet dit nie plaas nie. Ongeag van jou privaatheidinstellings, kan sommige mense steeds toegang hê tot inhoud wat jy beperk het. Iets lelik kan maklik uitkom, en mense het al so hul werk verloor.

Pasop vir clickjacking:

Clickjacking is die praktyk om 'n aanloklike e-pos of tweet te stuur wat 'n hiperskakel (URL) bevat, en wanneer jy op dit kliek, sal jy na 'n webwerf gestuur word wat versoek om aan te meld.. Dikwels begin Twitter-rekeninge wat gekaap word, deur clickjacking-boodskappe aangeval.

Watter familie sal jy as bure verkies: #SpanLeRoux of #SpanScheepers? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerk #Kwarantyn.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.