Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 44: Kook en geniet - Kwarantyn

Nuus
23 Julie 2020
Kook saam met al die lekker Kwarantyn koskenades resepte.
bredie

Soos julle teen die tyd al weet moet die families elke dag ‘n Koskenades taak voltooi vir punte, en oor die laaste paar weke het ons al amper deur ons skerms geklim vir ‘n plek om hulle tafels.

Van Mosambiekse-hoender, garnale, lamsboud, vetkoeke en selfs afval, het hierdie twee spanne ons al reg rondom die aarde geneem op ‘n kulinêre avontuur.

Het julle geweet dat ons elke week se resepte op die webwerf deel?

As julle nie het nie, weet julle nou.

Hier is ‘n volledige lys van al die heerlike disse wat die spanne oor die laaste 44 dae gekook het en hulle resepte om by die huis te probeer.

1. Durban lam kerrie met rys en sambals

2. Alles in een pot

3. Portobello boerenkoollasagne met "spabettie"

4. Afval met rys en groente

5. Gebraaide bros-hoender met skyfies

6. Mosambiekse-hoender, garnale, kreef en vis - braai

7. Lamsbout, aartappels en groente

8. Tradiosionele malva poeding

9. Tuisgemaakte tradisionele chinese dumplings

10. Pittige gebraaide blomkool-happies

11. Kwarantyn amagwinya en maalvleis

12. Steak, steak, steak!!!

13. Roosmarynsout gebraaide hoender met groentepasteie

14. Broodpoeding

15. Italiaanse osso bucco met polenta en gremolata

16. Gourmet-spek en kaas toebroodjie

17. Vegan romerige kekerertjie sop en varsgebakte brood

18. Bobotie en geelrys met tamatie en uie slaai

19. Kaapse masala steak full-house gatsby

20. Maak jou eie worsbroodjie

21. Lae-koolhidraat pepperoni-pizza-hoender dis met mengelslaai

22. Thaise groenkerrie en rotis

23. Vegan herderspastei met mengelslaai

24. Denningsvleis met geelrys en kapokaartappels

25. Bunny chow

26. Mossel voorgereg, snoekbraai en bierbrood

27. Grenadella souffle

28. Varkboud met heuning en rooikool

29. Boule chocolat au crumble de fraises

30. Sushi

31. Fillodeegblommetjies met geroosterde groente

32. Koolfrikkadelle met kapokaartappels en groente

33. Vis en tjips

34. Drie-manier vingerlek vlerkies, 'n bloukaas dip en bykosse van jou keuse

35. Pannekoek met gekarameliseerde pere, neute en sjokolade sous

36. Beesstertpotjie met rys en groente

37. Hoenderpastei met groentekebabs

38. Ham en 3 bone sop met varsgebakte basiliekruid pesto vlegselbrood

39. Vegan sampioen-pasta met spinasie

40. Tamatiebredie met krummelpap

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.