Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 43: Slegs een week oor – Kwarantyn

Nuus
22 Julie 2020
Hier is hoe dag 43 verloop het.
Dag 43 Kwarantyn

Dis klein Saterdag in Kwarantyn, en die families is weer tyd toegestaan om aan hulle projekte te werk. Dit sluit in hulle hangmat, die massiewe kunswerk, en die musiekvideo wat vandag om 12:00 gereed moes wees. 

Vroegoggend was Caryn oortuig om ’n poets te bak vir die Le Roux’s, maar Vlooi het haar planne in die rieme gery. Herleef die skreeusnaakse oomblik weer hier.

In ons eerste peiling wou on weet wie die Le Roux-familie moet skrik maak. Hier is die uitslae:



Om 10:30 moes ons families die jongste groepsuitdaging aanpak, en vandag was dit tyd om Japanese papiervoukuns, oftewel origami, aan te durf. Dit was veral die Scheepers-familie wat hiermee gesukkel het – kyk hier.

Nadat die families YouTube gebruik het om tegnieke te verfyn, was dit tyd vir die punte. Vir die uitdaging mag hulle nie gom gebruik het nie. Ongelukkig het Austin en Braam gom gebruik, en hulle papierkuns was dus gediskwalifiseer. Maar te danke aan Adriaan se flink vingers, was daar genoeg papierkuns in die Le Rouxs-huis gevou vir oorweging, en dus het die dié familie met 2 000 punte weggestap.

KYK OOK: BAKPOEIER OF PAKSODA?

Tydens dag 42 het ons twee families ’n intelligente babapop ontvang om vir 48 uur te versorg, en dit het op die eerste dag sy tol geëis, maar op dag 43 was die Le Roux-familie se baba so stil dat hulle amper van hom vergeet het. Kyk hier.

KYK OOK: TOEMAAR, BABA – ONS RAAK SOMMER BROEIS OM AS ONS DIÉ VIDEO KYK

Woensdae is daar geen diereprodukte in die huise nie. Dis reg, vandeesweek se vegan-dis was sampioen-pasta met spinasie. Volgens die opsigter was dit egter nie die beste dis wat hy al gesien het nie, en hoewel dié dis 2 000 punte werd was, het die opsig die punte gelyk verdeel tussen die twee huise. Dus stap beide families weg met 1 000 punte.

KYK OOK: ONS ALMAL IS OOK MENSE 

In die tweede peiling wou ons weet wie op dag 44 vir mekaar moet ontbyt maak. Die uitslae was as volg:  

Aan die einde van dag 43 het Die Opsigter die families egter in kennis gestel dat hulle nie hoef nie.

KYK OOK: KONFLIK IN DIE LE ROUX-HUIS

Om 20:00 het ons saam oorgerskakel na kykNET, DStv-kanaal 144, om aan te hoor wat vandeesweek se punte-telling vir elke familie is. Dié episode is kykNET se voorlaaste hoogtepunt-episode van Kwarantyn, wat beteken dat die wenner van Kwarantyn volgende week om 20:00 aangekondig sal word. Maak dus seker jy is ingeskakel. Vir vandeesweek se punteleer, kliek hier

KYK OOK: IS JY GEBOELIE?

Watter familie sal jy as bure verkies: #SpanLeRoux of #SpanScheepers? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerk #Kwarantyn.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.