Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 43: Sing saam, Suid-Afrika – Kwarantyn

Nuus
22 Julie 2020
Luister saam na die liedjie wat in almal se koppe vas sit.
Screenshot 2020 07 22 at 20

Sing saam met Kwarantyn

Daar was oor die laaste paar weke ’n nuwe liedjie wat in ons almal se koppe rond draai. Ons het self al ’n paar keer op onverwagte tye ’n sin of twee uit hierdie aansteeklike temalied gefluit of gesing.

Die goeie nuus is dat die Kwarantyn-temaliedie nie net die paar lirieke is wat jy op die TV hoor nie, maar ’n volledige liedjie wat jy kan aflaai en geniet waar en wanneer jy wil.

Die families is die afgelope week hard aan die werk om vir die perfekte musiekvideo te skiet wat vir die temaliedjie wat miljoene Suid-Afrikaners se gunsteling liedjie van inperking geword het.

Julle kan hierdie lekker liedjie hier luister op Apple Music luister, of op Joox. Kry sommer ook die lirieke hier om volgende keer wanneer dit speel lekker hard saam te sing.

Sodra jy die lirieke van dié liedjie bemeester het, kan jy ook die amptelike Kwarantyn-dans leer. Hier is ’n maklike video waar die families vir julle stap-vir-stap verduidelik hoe om die dans te beoefen.

Onthou om ook hier te lees oor hoe jy kan wen as jy die dans kan saam doen. En moenie vergeet om jou weergawe van die Kwarantyn-dans met ons te deel nie. Gebruik die hutsmerk #KwarantynDans op sosiale media indien jy in aanmerking wil kom.

Watter familie sal jy as bure verkies: #SpanLeRoux of #SpanScheepers? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerk #Kwarantyn.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.