Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 41 : Wegkruipertjie, pasteie en streke. - Kwarantyn

Nuus
20 Julie 2020
Kom ons kyk terug na dag 41 in die Kwarantyn huise.
dag 41 cover

So groet ons nog ‘n dag in die Kwarantyn huis, en soos altyd het hierdie twee families ons aan die lag gehad van vroeg af.

As dinge as ‘n boer nie uitwerk vir Heinrich nie kan hy beslis ‘n werk in ‘n gym kry as ‘n instrukteur. Hy het ons vanoggend weer mooi geleer van ordentlike gimnasium etiket.

Die Opsigter is mos nie een vir ‘n rustige dag in die Kwarantyn huis nie en het vroeg vir Austin gesê dat Manie sy ‘bean bag’ vir die week in die Le Roux huis mag hou.

Na ‘n groot gespartel en ‘n emosionele totsiens van Austin af het hierdie enorme sak die trappe af gekom en ‘n nuwe plekkie in die Le Roux sitkamer gevind.

Beide Manie en Austin het ‘n nuwe speelmaat in die kamera stelsels gekry en vandag ‘n potjie wegkruipertjie met hulle gespeel.

In die Le Roux huis was dit Manie muis wat probeer weg kruip het vir die meer as 25 kameras in hulle huis, waar Austin nou weer die een aan die soek was in die Scheepers huis.

Kyk hier onder en laat weet ons wie julle dink die beste gespeel het tussen die twee.


Na ‘n middag van hulle eie deeg maak het beide spanne vir ons ‘n heerlike hoenderpastei met groente kebabs gekook vir koskenades, maar dit was die Scheepers wat die wen gereg opgeskep het en 1 000 punte losgeslaan het.

Kook hier saam met ons hierdie lekker warm winter pastei: https://kyknet.dstv.com/recipe/hoenderpastei-met-groentekebabs

Terwyl die deeg gerus het, het ons families hulle eetkamer tafels in ‘n snipper-stasie verander met die groeptaak.

Hulle was beide die taak aangesê om ‘n ‘collage’ te maak van tydskrif uitknipsels.

Weereens het die Scheepers bo uitgekom met hierdie taak en nog 1 000 punte gespoeg en plak.

Dit was dalk koel in die gazebo, maar die spanne het hulself warm gespring en verduidelik aan die speletjie vanaand. Die finale punte was baie naby, maar dit was die Le Roux familie  wat ‘n groot 2 000 punte vir hulle stom streke gewen het.

Die tyd stap aan en ons kan nie wag om te sien wat hierdie twee families môre weer aanvang nie.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.