Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 41: Sy naam is Adrianes - Kwarantyn

Nuus
21 Julie 2020
Die lag wat ons vir nog baie lank gaan onthou.
adriaan cover

Daar was al ‘n paar keer in beide huise gesels oor die lewe na Kwarantyn, en ons is net so opgewonde soos julle om te sien wat met die families gaan gebeur as hulle weer huis toe gaan.

Van die familielede wat hierdie meer as enige van die ander bespreek is Lisa en Adriaan.

Daar is wilde drome en lang gesprekke, maar nog geen planne vir wat hulle graag na Kwarantyn wil doen nie.

Ons het die laaste paar weke gesien dat Adriaan ‘n hele paar opsies het as dit kom by sy nuwe beroepskeuse. Van sing en dans tot ‘n nuusleser, hierdie man kan alles doen.

Ons het ‘n kort lys van moontlike beroepskeuses vir hom bymekaar gesit.

Laat weet ons watse een van hierdie julle dink hy die beste in sal presteer.

Mediese dokter

Akteur

Selfverdediging instrukteur

Professionele sanger

Sport kommentator

Musiek onderwyser

Voël-fluisteraar

Poets-bakker

 

Al wat ons verseker weet is dat Adrian Briel die mees aansteeklikste lag op kykNET het!

 

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.