Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 41: Begin die oggend reg - Kwarantyn

Nuus
20 Julie 2020
Vergeet van 'n appel elke dag.
GettyImages 548008919

Eiers is eenvoudig perfek, in vorm, voedingstof en geursaam. Hierdie heerlike proteïen-bol is een van die aanpasbaarste bestandele in jou kombuis, en dit verseker jy begin jou oggend, of week, reg.

Van shakshuka uit Noord Afrika tot kerrie in Durban is eiers beslis 'n gunsteling in Afrika. Selfs 'n tradistionele bobotie is niks sonder baie eiers nie.

RESEP: BOBOTIE EN GEELRYS

Die nasionale riglyne vir dieet van Suid-Afrika noem dat 'n eier elke dag goed is vir jou. Dit verskaf gesonde dosisse immuunversterkende selenium en D-vitamien, die B-vitamien riboflavien, wat noodsaaklik is vir die omskakeling van voedsel in die energie wat u liggaam kan gebruik, en choline, 'n voedingstof gegroepeer met die B-kompleks vitamiene wat goed is vir jou brein.

Eiers bevat baie proteïene - wat dit goed maak as ontbyt, omdat dit jou vir langer versadig laat voel. Eiers is so belangrik in Suid-Afrika 

Tiental redes waarom eiers goed is vir jou:

Eiers help die immuunstelsel:

Ons immuunstelsel, soos soldate wat op 'n slagveld veg, is die verdedig die liggaam teen virusse, bakterieë en ander patogene wat siektes veroorsaak. Eiers bevat vitamien A en selenium, belangrike voedingstowwe vir normale immuunfunksie.

Eiers is goed vir die oë:

Eiergele is goed vir die oë, want dit is die deel van die eier wat luteïne en zeaxantien bevat. Hierdie voedingstowwe verlaag die risiko van katarakte, wat die grootste oorsaak van blindheid by ouer mense is.

Eiers is goed vir die hart:

Terwyl eiers wel cholesterol bevat, sal eiers nie noodwendig jou cholesterol verhoog nie. Mense wat daagliks eiers eet het 'n laer risiko vir hartsiektes en beroertes.

Eiers is goed vir spierbou:

Proteïene is die boustene vir die opbou en herstel van spiere. Eiers is 'n bron van proteïen van hoë gehalte want een groot eier bevat 7g proteïen. 

Eet die hele eier, nie net die wit nie:

Terwyl die eierwit proteïen, selenium en die B-vitamien riboflavien bevat, is daar baie voeding in die eiergeel. Die eiergeel bevat hartgesonde vette (mono-onversadigde vette) en die helfte van die proteïne van die hele eier. As jy nie die eiergeel eet nie, mis jy uit op vitamien D en yster.

Eiers help vegetariërs om aan hul voedingsbehoeftes te voorsien:

Vegetariërs word aangemoedig om hul dieët met vitamien B12 aan te vul. Een groot eier bevat byna 44% van ons B12-behoeftes en bevat baie proteïene om aan hierdie voedingsbehoeftes te voorsien.

Eiers is goed om te eet tydens swangerskap:

'n Belangrike voedingstof vir swanger vroue is cholien, wat 'n sleutelrol speel in die ontwikkeling van die brein en senuweestelsel van 'n baba. Eiers bevat cholien, wat eiers 'n goeie keuse maak as deel van 'n gesonde dieet tydens swangerskap.

Eiers kan ons jong kinders help om te groei:

'n Amerikaanse studie het gemeld dat die vroeë bekendstelling van eiers in die dieet van kinders tussen 6 en 9 maande hul groei aansienlik verbeter het.

Eiers is veelsydig en bêre goed:

Roere vir ontbyt, quiche vir middagete, frittata vir ete of gekook as versnapering, eiers kan op enige tyd van die dag en in soveel vorme geëet word. Eiers bêre ook goed in die spens of yskas.

Eiers is goed nie duur nie:

In vergelyking met ander proteïenbronne soos vleis, hoender en vis, is eiers relatief goed geprys en bied 'n bekostigbare proteïenbron.

Eiers is goed om elke dag te eet:

Die dieetriglyne van die Departement van Gesondheid vir Suid-Afrikaners ondersteun dat ons elke dag 'n eier eet.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.