Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 40: Welkom by die Fransen! – Kwarantyn

Nuus
19 Julie 2020
Só het dag 40 verloop.
Opsomming dag 40

Na ’n heerlike Kwarantyn-karaoke op dag 39, was dit tyd om dag 40 aan te pak. Die twee families was dou voor dag wakker gemaak, en die Scheepers-familie het onmiddellik aan hulle musiekvideo begin skiet. Herleef die oomblik hier.

EKSKLUSIEF: ONS KUIER BY DIE LE ROUX’S

Die Opsigter het ons families verras met die aankondiging dat niemand hoef te oefen nie, omdat koskenades alreeds 9:05 sou afskop. En vandag was dit weer tyd vir ’n lekker bord Sondagkos. Vir  koskenades moes die twee families beesstert-potjie maak. Verder moes daar ook ’n nagereg aanmekaar geslaan word. Op die spyskaart was pannekoek met gekaramelliseerde pere, neute en sjokoladesous.

Duisend punte was op die spel vir koskenades, en boonop het ons in ons eerste peiling julle gevra of Adriaan vir Jade moet leer bak. Die uitslae was as volg, en Adriaan moes die dag in die Scheepers-kombuis deurvring:

Dit was uiteindelik die Le Roux-familie wat weggestap met met 1 000 punte vir hul potjiekos.

EKSKLUSIEF: LEER KEN DIE SCHEEPERS-FAMILIE VAN NADER

Tussendeur koskenades, het die Le Roux-familie ook tyd gemaak vir hulle musiekvideo-opname. Kyk hier hoe hulle in die tuin rondskrop hiervoor. 

Caryn het ons maagspiere laat werk toe sy vir Austin uitvang deur vir hom te sê hy met terugkeer na die Le Roux-huis. Kyk hier hoe reageer hy.

As groepsuitdaging moes ons families karakters vanuit die kykNET-mokumentêr Hotel vertolk. Later die middag was beide families verras met ’n besoek deur Bennie Fourie, akteur en skepper van Hotel, sowel as Schalk Bezuidenhout wat die rol van Danny vertolk – kyk hier.

LEES OOK: BENNIE, DIE MAN AGTER HOTEL

Na ’n besonderse toneelspel vanuit beide huise, is Bennie en Schalk ontbied. Nadat beide akteurs hul notas met ons amateur-akteurs gedeel het, het Schalk aangekondig dat die beste vertolking deur die Scheepers-familie gelewer is, en daarom stap hulle weg met 1 000 punte. 

Kyk hier onder na ons familielede se toneelspel:



Hierna was die Kaktus van die week aangekondig, en dit was Lisa wat weggestap het met die goue toekenning. 

Dag 40 was afgesluit met ’n lekker fliek, en almal het nader gesit vir die kykNET Film, I– beskikbaar vir alle DStv-intekenaars op DStv BoxOffice.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.