Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 40: Wees soos Caryn - Kwarantyn

Nuus
19 Julie 2020
Ons kry nie genoeg van Caryn Cloete nie.
Caryn cover

Ons het die laaste paar weke ons harte verloor op Caryn Cloete.

Die ‘purple power’ bol energie het ons al laat lag dat ons maagspiere pyn en ons harte in twee geskeur toe sy vir Max moes groet.

Hierdie dinamiese 21 jarige is beslis een van die raas makers in die huis en die rede hoekom die hele Suid-Afrika nou die woord HECTIC aangeleer het.

Tussen haar positiwiteit en haar waaghalsige natuur kan ons net nie genoeg kry van hierdie sprankelende jong dame nie.

Hier is wat ons van Caryn af geleer het oor die laaste paar weke.

1. Daar is altyd ‘n rede om mooi te lyk. Maak nie saak of jy net by die huis sit nie.

2.Vier altyd elke oomblik, maak nie saak hoe groot of klein nie.

3. Ondersteun altyd jou vriende en familie. Positiewe woorde sal enige iemand aanmoedig om te presteer.

4. Daar is ‘n geleentheid vir ‘n selfie om elke draai. Neem baie fotos.

5. Wees altyd gereed vir enige iets.

6. Vind ‘n rede om te glimlag, dit maak die wêreld ‘n mooier plek.

7. Dans asof almal kyk, en sing asof almal luister. Geniet wat jy doen tot die uiterste!

8. Maak altyd tyd om te speel. Veral as dit met iemand so oulik soos Max is.

9. Gryp die lewe met ope arms! As jy wil swem in die middel van winter, doen dit.

10. HECTIC!

11. Waardeer alles wat jy het. Want daar mag ‘n dag kom wat jy iets nie meer het nie.  

12. Wees jouself. Altyd! Oorspronklikheid is ongelooflik mooi.

Dankie vir jou besonderse invloed op almal in die Kwarantyn familie Caryn! Ons kan nie wag om te sien wat jy gaan aanvang in die laaste paar dae nie. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.