Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 4: Wat het alles op dié ysige Saterdag gebeur – Kwarantyn

Nuus
13 Junie 2020
Danspassies, braai-kaskenades en 'n huis vol grapkasse. Lees hier wat alles vandag op #Kwarantyn gebeur het ...
S1 D03 42

Dié Saterdag was besig, propvol vermaak en 'n dag wat daar nie baie gerus is nie. #SpanScheepers en #SpanLeRoux het dit elkeen ewe veel geniet. Hier is 'n paar hoogtepunte. Lees meer hier: https://bit.ly/2Yw8J15

Kel-cee het die twee huise gelei met vroeg-oggend dans-oefeninge, en volgens die kykers mag Lisa bietjie later geslaap. Kyk hoe swaai daardie heupies:

Die kokke was behoorlik getoets met hul braai-vermoë. En #SpanScheepers het die koskenades gewen! Hier is wat hulle moes braai https: //bit.ly/30EBIm0

Ma Jana het die kleinspan vermaak met 'n storie van Gielie die Mielie. Ons het #GielieDieMielie ontmoet voordat #Kwarantyn begin het en sy hart is vol liefde vir sy familie, kyk hoe mooi vertel Ma Jana van die #LeRoux's dit hier:

En vanaand is daar die eerste grapjas-uitdaging. Drie kandidate van elke span moet albei families vermaak. Die snaaksste, wen! 

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00.