Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 39: SA het die beste Michael Jackson - Kwarantyn

Nuus
18 Julie 2020
Waar is die koning van pop? In Suid-Afrika.
GettyImages 88766916

Het jy geweet een van die bekendste Michael Jackson nabootsers is van Suid-Afrika af?

Hy staan bekend as Dantanio Goodman en is gebore in Kimberly. Danksy sy gesin se wortels in die Kerk, het sing en dans op die ouderdom van nege al begin, en hy kon selfs 'n vokale repertoire ontwikkel vir Pop, RnB, Swing, Jazz en Reggae. Hy het 'n uiteenlopende loopbaan in die vermaakbedryf geskep, waaronder teaterwerk, liedjieskryf vir kontemporêre popsterre en die vrystelling van twee solo-albums.

Maar sy grootste sukses tot dusver is sy rol as Michael Jackson in verskeie huldeblyktoere waar hy die koning van pop weer herleef.

In 2014 is Dantanio deur die regisseur Johnny Van Grinsven gekies om die wereld te toer as Michael, en hy het tussendeur alles perfek, van grimering tot sy houding.

“Michael Jackson het my geïnspireer om te sing en dans. Ek het my hele lewe lank voorberei op hierdie rol, en ek moet my droom uitleef om hulde te bring aan my afgod op die verhoog regoor die wêreld,” erken Dantanio.

Van sy gunsteling treffers op die verhoog sluit in Thriller, Billie Jean, Smooth Criminal, Bad, Beat It, ABC, Don`t Stop Til You Get Enough, Human Nature en They Don`t Really Care About Us.

Maar Dantanio het dalk binnekort kompetisie, soos die spanne voorberei vir vanaand se karaoke, waar hulle self Michael Jackson weer moet laat leef, en dit lyk asof almal ‘n begrip daarvoor kry. Veral na hulle raad van Emo Adams ontvang het.

Maar almal kry gereed om die koning van pop weer te resurect.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.