Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 39: Mandeladag is elke dag – Kwarantyn

Nuus
18 Julie 2020
Doen iets vir Tata!
GettyImages 1001251940 (1)

Mandeladag is meer spesial as wat jy dink. Dis ‘n dag vir selfondersoek, waar jy kan identifiseer waar jy ander kan help. Dis ‘n baie belangrike deel van menswees, veral gedurende inperking.

Landswyd help baie maatskappye jaarliks ‘n groot aantal organisasies op Mandeladag. Die jaar is sulke byeenkomste egter in die riem gery weens Koronavirus. Maar dit beteken nie jy kan nie iets goeds enige dag doen nie.

LEES OOK: MANDELA JOU LEKKER OU

Die internationale Mandeladag Organisasie het uitstekende idees vir gewone mense om hule gemeenskap op te hef enige tyd van die jaar.

Hier is ‘n lys:

  •  Sit skryfbehoeftes (penne, plakkers, gekleurde papier, 'n skêr, ens) vir onderwysers by 'n skool met minder hulpmiddels saam.
  •  Doen 'n woonbuurtopruiming met plastiekhandskoene en swart sakke.
  •  Vrywillig tyd aan ‘n iiefdadigheidsorganisasie.
  • Maak versorgpakkie (sluit 'n kam, tandeborsel, tandepasta, seep en gesigdoek,in) vir pasiënte in 'n regeringshospitaal.
  • Word 'n orgaanskenker
  •  Stel 'n herwinningsstelsel vir jou huis op.
  • Stel 'n motorskema saam met u kollegas in om koolstofvrystellings te verminder.
  • Skenk boeke aan ‘n biblioteek.
  • Versamel en versprei kinderboeke aan skole met minder hulpbronne.
  • Skenk tydskrifte en boeke aan 'n tehuis vir bejaardes.
  • Blog oor 'n organisasie sonder winsoogmerk wat ondersteuning benodig.
  • Bied u vaardighede aan (finansiering, bemarking, klantediens, ens.) om 'n organisasie te help om doeltreffender te bestuur.
  • Bied 'n filmaand vir vriende aan en wys ‘n fliek m sosiale geregtigheid.)
  • Skenk bloed.

LEES OOK: GESOEK, JOU BLOED

Mandeladag het diep betekenis in Suid-Afrika, en Span Scheepers en Span Le Roux het ook gedeel wat die voormalige president vir hulle beteken.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.