Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 39: En die punte gaan aan... – Kwarantyn

Nuus
18 Julie 2020
Dis wat vandag gebeur het.
Screenshot 2020 07 18 at 20

Saterdag, wanneer die duiwe gewoonlik voor jou ruit koer, en jy net omdraai en verder slaap. Maar nie in Kwarantyn nie!

Na die spanne gisteraand uitgedaag is om ‘n vuur vir 27-uur aan die gang te hou, het almal van die begin af so bietjie knipoog verloor na almal in skofte oor die vlamme moes waak.

Die punt van die taak is om die spanne aan Madiba se onbaatsugtelike opofferings vir Suid-Afrika te herinner, en die 27 jare wat hy op Robbeneiland in die tronk spandeer het. Darm het almal sin vir wat die voormalige president vir die land gedoen het.

LEES OOK: MADIBA JOU LEKKER OU

Maar die oggend het begin met ‘n peiling waar dit besluit is Heinrich moet vandag oral huppel. En ons het geleer die hasie kan!

Maar terwyl die vuurwagters by die gazebo is, moes albei spanne ook Koskenades aanpak, en vandag was ‘n Suid-Afrikaanse gunsteling, hoendervlerkies!

Vir die uitdaging moes elke span drie-manier vingerlek vlerkies met ‘n bloukaas doopsous en bykosse van elke span se keuse bedien.

RESEP: DRIE-MANIER VINGERLEK VLERKIES

Die groot vereiste was dat elke span vlerkies vir Die Opsigter bedien wat soet-en-sticky is, een porsie gegeur met peri-peri en een porsie suurlemoen en kruie.

Span Scheepers het hulle vlerke die wydste gesprei, en 1000 punte gewen gedurende die braai-uitdaging.

Na 'n geurige hoenderdis moes al die spanne egter weer voorberei vir vanaand se Michael Jackson karaoke-aand, en met kostuums en wit sokkies, kon niemand nie die gees van die voormalige ‘Koning van Pop’ vasvang.

Maar voor die groot konsert moes almal weer by die gazebo bymekaar kom om die laaste paar minute van die vuurmaak-uitdaging af te tel. Die Opsigter was bly oor ‘n baie suksesvolle taak, wat vereis het dat spanlede mekaar nog beter leer ken, terwyl hulle ‘n vuur 27-uur aan die gang hou.

Maar uiteindelik was dit tyd vir die naweek se karaoke, en niemand het teleurgestel nie. Veral na blymoedige raad van niemand anders as Emo Adams, wat een vereiste gehad het: “Sit ‘n show op”.

Almal het hul alles gegee in hierdie uitdaging vir 3000 punte. En raai wat, Span Le Roux het al die punte gekry. Emo Adams was baie beindruk met Adriaan.

Dit beteken vandag kon Span Scheepers 1000 punte wen, en Span Le Roux 3000. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.