Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 38: Persoonlike doelwitte - Kwarantyn

Nuus
17 Julie 2020
Die families het met groot drome begin, kom ons kyk wat het gebeur.
wrap up (2)

Die nasionale inperking het baie van ons gedwing om ons besige lewens te herdink en dinge ‘n bietjie stadiger te vat. Sommige mense het besluit om hierdie tyd te neem en ‘n nuwe vaardigheid op te tel of om iets te leer wat hulle nog altyd wou doen.

Die families het ook in Kwarantyn ingekom met hul eie persoonlike doelwitte en ons het besluit om na 38 dae in die huise bietjie te gaan kyk hoe dit gaan.

Van gewig optel tot gewig verloor en ‘n nuwe taal aanleer, hierdie doelwitte was almal net so uiteenlopend en uniek soos ons families.

Laat ons begin met die hoof van die Le Roux-huishouding, Oom Braam. Sy doel was eenvoudig genoeg. Niks drank vir die volle 51 dae nie. Dit was makliker gemaak deur die feit dat die kroeg toe was in beide huise gedurende die eerste paar weke van de program. Ons was baie verbaas om te sien dat hy , selfs nadat die kroeg oopgesluit was, nog nie ‘n druppel alkohol oor sy lippe gehad het nie. Welgedaan Oom Braam.

Lisa het waarskynlik een van die moeilikste en tydsame persoonlike doelwitte van almal gehad. Sy wou leer hoe om te brei. Sy het ‘n trui vir een van haar swanger vriendinne se babas begin brei en ons is baie beïndruk om te sien dat hierdie truitjie al amper klaar is. Sy het net vir 8 van die 38 dae nog nie gewerk aan hierdie nuwe vernuf nie. Baie mooi gedoen Lisa!

Adriaan wou aan sy musikale kant werk en meer kitaar speel. Al het hy slegs die kitaar 14 uit die 38 dae gaan haal, het hy ‘n bietjie verbeter. Hy het selfs op dag 33 vir Lisa in die sitkamer ‘n paar liedjies gesin, maar toe die dag daarna eers weer die kitaar se snare verander. Hou so aan Adriaan, daar is verseker ‘n talent daar.

Manie en Heinrich het soortgelyke doelwitte gehad. Manie wou 5kg verloor en selfs met die operasie en hospitaalbesoek kon hy teen dag 23 sy doel gewig bereik! Aan die ander kant wou Heinrich 5gk in spier gewig opgetel het. Hy. Het ook op dag 23 sy doel bereik. Lyk vir ons asof hierdie nefies regtig alles saam doen. Mooi so manne.

Die Scheepers het ook hierdie tyd gebruik om aan hul doelwitte te werk.

Avril het met ‘n droom van ‘n draaiboek skryf in die Kwarantyn huis ingekom en die droom lyk asof dit baie naby aan klaar is. Sy is aanhoudend aan die skry en het teen dag 17 al 3 hoofstukke af gehandel. Na haar vraag oor bachelor-partytjies aan die jonges op dag 19 is ons baie nuuskierig oor die inhoud van hierdie draaiboek. Baie mooi Avril, ons kan nie wag om te sien wat jy alles geskryf het nie.

‘n Ander musikale doel was gestel deur Austin. As dit nou was om meer te sing, het hy met goue medaljes geslaap, maar dit was ongelukkig nie sy doen nie. Hierdie talentvolle jong man wou meer tyd agter die klavier deur bring, maar kon sover dit nog net reg kry om sy vingers op die klawers te kry vir 7 uit die 38 dae.

Jade wou regtig graag leer hoe om te kook terwyl sy vir die 51 dae in Kwarantyn is, en sy was hard aan die werk in die kombuis om dit te bereik. Haar vertroue groei daagliks en sy help graag met enige kos maak taak. Sy het selfs in haar resepteboek begin skryf en vir raad begin vra oor hoe om sekere geregte te maak.

Haar danser sussie Kel-Cee het beoog om elke dag haar rek oefeninge te doen sodat sy haar dans kan verbeter. Seder die begin van die program het sy uitstekend gevaar en slegs 8 van die 38 dae oorgeslaan. Sy het selfs een oggend om 5:30 opgestaan en buite gaan oefen. Ons bewonder haar toewyding aan haar doelwit!

Caryn se doel was om ‘n moeilike en vreemde taal te leer. Sy het Spaans gekies as haar nuwe taal, maar ongelukkig nie so goed by haar doel gehou nie. Sy het slegs vir 7 van die dae aan die nuwe taal gewerk en nadat sy ‘n paar woorde beproef het by Adriaan en Lisa op dag 19 het sy nog nie weer gepoog om nog te leer nie.

Pam wou graag 5kg verloor het in haar Kwarantyn tyd en sy is baie naby aan haar doel gewig. Ons sal graag wil dink dat dit slegs al die dans en oefen is wat in die Scheepers huis gebeur, maar dit is ook haar ongelooflike toewyding wat vir haar nader aan hierdie doelwit kry. Ons het al menigte male gesien hoe Teacher Pam nee sê vir ‘n lekker nagereg. Welgedaan Pam!

 

Vertel vir ons watse persoonlike doelwitte jy en jou familie gehad het vir die inperking en hoe naby julle is aan dit.

 

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.