Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 36: Vet pret met jou Vlooi – Kwarantyn

Nuus
15 Julie 2020
Hou jou natneus besig (en bly self warm).
GettyImages 1164917271

Honde kruip vinnig in mense se harte in, en Kwarantyn-kykers is geen uitsondering nie. Span Le Roux se Vlooi het tot sy eie Instagam aanhangersblad, en Max, toe hy nog deel van Span Scheepers was, het gehelp met bewusmaking oor honde wat huise kort.

LEES OOK: BEKENDE BRAKKE

Maar, of jy nou ‘n duur Borzoi het wat oor jou voete slaap, of die oulikste straathondjie vir wie die lottery balle reg geval het toe hy in jou huis verwelkom is, honde kort aktiwiteite om hulle besig en gesond te hou.

LEES OOK: LEER KEN MAX EN VLOOI

Terwyl jy darm weer met jou troeteldiere kan gaan stap tydens Vlak 3 van inperking, het die tentakels van Winter weer die land gehok, en baie mense wil eerder die deur toe hou en seker maak geen warmte ontsnap die huis nie.

Hondeafrigter Werner Roos het so paar wenke gedeel hoe om jou hondemaats besig te hou wanneer jy nie buite kan, of wil gaan stap nie.

Eerste noem Roos dis belangrik dat mense besef honde wat gewoond is aan baie stap ook omver gegooi word wanneer dit skielik stop. In die perfekte situasie, kyk na tye in die dag wanneer dit nie baie koud is nie, en gaan stap nogsteeds. Maar die vrees vir mense om tans buite te wees is ook geldig. Hier is wonderlike wenke om Vlooi besig te hou:

Skattejag:

Dis baie maklik om hondekoekies en ander smulhappies in die huis weg te steek, en kyk of jou hond almal kan opspoor. Jy kan selfs ‘n lys maak – en die hele familie betrokke kry om te sien wie kan eerste afmerk wanneer ‘n peuselhappie weg is. Trek eenvoudig ‘n lys op, en gee vir almal die lys. Die een wat eerste opmerk dat die meeste happies gevind is, wen. Roos noem dis belangrik om die aktiwiteit net te doen as jou hond nie uitgehonger is nie. Jy kan ook jou woef in een kamer hou, dan gou-gou lekker goed wegsteek, en dan die monster loslaat.

Maak nuwe speelgoed:

Gedurende die eerste deel van inperking was selfs hondespeelgoed verbode, maar jy kan maklik jou eie speelgoed maak. Sit ‘n klomp hondekos in ‘n koeldrankbottel sonder die doppie. Kyk hoe lank vat die Wollie of Choppie op te besef as hy die bottel rol val daar meer kos uit. Dis 'n heerlike aktiwiteit wat honde ure kan besig hou. Maak net seker jy gooi ‘n ogie, want plastiek kan jou hond sny as hulle begin byt.

Begin hulle leer:

As dit baie koud is, vat tyd om elke dag jou hon diets te leer. Leer hulle groet, omrol of enige basiese opdragte deur so vyf minute saam hulle te soandeer. Opdragte is goed vir honde omdat di took hulle breins uitdaag. Dit vat vel baie Geduld, so moenie dink ‘n nuwe opdrag gaan oornag se uitvoer gaan oornag gebeur nie, maar dis ‘n lekker manier om die koue te gebruik om jou pels-pel iets te leer. Hierdie is ook goeie raad tydens beurtkrag.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.