Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 36: Spanpogings werk – Kwarantyn

Nuus
15 Julie 2020
Dis nog ‘n dag, nog punte.
Screenshot 2020 07 15 at 22

Dit was 'n koue dag in Johannesburg, maar dit het nie Die Opsigter gekeer om sy eerste nuwe peiling te skep nie.

Kykers kon in ‘n peiling besluit of Avril of Jade vir almal in Span Le Roux moet gaan koffie maak. Avril het die meeste stemme gekry, en toe vriendelik oorgeloop na die bure. Avril was glad nie bang nie, en het vir almal ‘n heerlike koppie boeretroos gemaak.

Vandag se eerste groepstaak was ook vol pret, almal moes interessante skeppings uit vrugte maak. Almal kon iets oorsprongklik uitdink, wat Die Opsigter baie bly gemaak het. Span Scheepers het hulself as koskuns-kenners bewys en met 2000 punte weg gestap.

Tussendeur het albei spanne uitgevind hulle moet ‘n musiekvideo skep vir Die opsigter, wat beteken almal kan weer hul danspassies uithaal.

Wat die uitdaging lekker maak, dit het gekom op dieselfde aand as die nuwe Kwarantyn-inleiding wat voor elke hoogtepunte-episode wys. As die spanne slim is neem hulle bietjie inspirasie van die kykers wat im die eerste inleing verskyn.

Maar die musiekvideo was net die begin van vanaand se uitdaging, vanaand maak almal weer vegan kos, meer spesifiek, Fillodeegblommetjies met geroosterde groente.

Span Scheepers het weer die potte laat prut, en nog 2000 punte gewen. Baie geluk met 4000 punte in die sak Span Scheepers.

Woensdae is daar ook geen speletjies nie – so albei spanne kon bietjie af kry, terwyl kykers kon uitvind op kykNET 144 hoe die punte staan na Rondte 5.

LEES OOK: RONDTE 5: WAT IS DIE UITSLAE?

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.