Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 35: Magtige maskers - Kwarantyn

Nuus
14 Julie 2020
Ons almal kan nie net in die tuin oefen nie.
GettyImages 1213761956

Een voordeel vir Span Scheepers en Span Le Roux, hulle het ‘n groot tuin om in te oefen. Iets wat Die Opsigter en sy span seker gemaak het word ten volle benut.

Met ‘n nuwe wet in plek, moet Suid-Afrikaners tans maskers dra wanneer hulle voet buite die deur sit.

Dit het ‘n debat gevorm onder drawwers, hardlopers fietsryers en mense wat buite stap of ‘n masker nou eintlik nodig is. Dis veral omdat maskers ongemaklik is wanneer jy sweet. Dit kan jou ook seer maak, veral om die ore weens aanhoudende wrywing soos jy by die pad af draf.

Volgens sportwetenskaplike Ross Tucker is dit noodsaaklik om ‘n masker te dra.

LEES OOK: DIE COVID-19 STEREOTIPES

Die virus versprei weens jou afstand aan die bron van Koronavirus, hoe lank jy aan die virus blootgestel word en die omgewing waarin jy is.

“Druppels wat uitgeasem of uitgehoes word, wat die virus bevat, versprei dit,” verduidelik Tucker uit Kaapstad.

“As jy blootgestel word aan mense wat die virus het (wat in die lug is terwyl jy asemhaal), loop jy die risiko om die virus op te tel.”

“Maskers hou nie die virus vas nie, dit help dat die virus nie in die lug kom nie. Jou masker beskerm jou, en my masker beskerm my,” verduidelik Tucker.

Volgens ‘n Lancet-studie wat hy nageslaan het, word dit bewys dat maskers jou risiko om die virus op te doen drasties verlaag.

LEES OOK: 'KEEP YOUR DISTANCE' SKEP BEWUSMAKING EN LAAT MENSE SING

“Die enigste saak wat ek teen maskers kan maak is dat maskers jou op ander maniere kan frustreer. Een van die maniere is bloot gewoonte. Omdat jy ‘n masker dra raak jy meer aan jou gesig, om seker te maak die masker is gemaklik oor jou mond of neus. Dit kan die verspreiding van die virus aanmoedig en ander in gevaar stel. Daar is ook ‘n vals sin van sekuriteit wanneer jy ‘n masker dra. Baie mense voel die masker beteken hulle hoef nie ‘n veilige afstand van mekaar te hou nie.”

“Dit vat nie waagmoed om sonder ‘n masker rond te loop nie, jy stel ander in gevaar,” verduidelik Tucker.

Wat nog belangriker is, is dat jy self ook gesond bly. Fietsryers en drawwers is oor die algemeen gesond want hulle oefen gereeld. Maar daar is ‘n nadeel aan maskers, veral as jy in stede bly.

Maskers kan koolstofdioksied tussen jou neus en masker vasvang. Die gifstof is gevaarlik wanneer jy hoe vlakke inasem, maar Tucker is van mening maskers is te klein om regtig enige skade te veroorsaak, en enige gesonde persoon asem gewoonlik in elk geval die klein hoeveelhede koolstofdioksied in. As jy bang is hiervoor, gaan oefen in oop areas weg van verkeer.

“Maskers kan jou stadiger laat trap of hardloop, maar die voordeel vir mense om jou is enorm,” is Tucker se slotsom.

Hy maak dit ook duidelik, as jy sukkel om asem te haal terwyl jy oefen moet jy mediese hulp soek.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.