Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 35: Laat die poppe dans – Kwarantyn

Nuus
14 Julie 2020
Almal hou poppekas.
GettyImages 87883605

Vergeet van in jou eie sepie speel, om ‘n poppekas te skep is ‘n baie moeilike taak.

Vandag moes albei spanne poppekas teater hou, met oorsprongklike stories, ougat karakters vol persoonlikheid, en hul eie unieke storie skep.

Terwyl poppekas soos kinderspeletjies klink, is dit werklik moeilik om ‘n item te laat lewe kry. Poppekas is al vir donkiejare deel van Suid-Afrika, en baie min kinders kan die vorm van vermaak vryspring. Inteendeel, dis deel van Grondslagfase vir skoolopvoeding.

Volgens ‘n navorsingstudie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Gesondheidswetenskappe is die vorm van vermaak ongelooflik belangrik vir kinderopvoeding, veral as dit by moeilike gesprekke kom waar kinders meer oorreed moet word om iets te doen, soos nie met vreemdelinge te praat nie.

c306f54b b159 47d7 8e54 11b9c771c590
8fbe52ef a1f1 476a ba05 edcf962af6c8
848378a4 832f 4056 9f21 5dab130a0786
Gallery

Volgens prof. Carla Fourie, het hulle ‘n poppekas saamgestel om kinders met MIV te kry om hulle medikasie te drink. Die poppekas, wat deur die personeel aangebied is, was volgens prof Fourie ʼn treffer.

“Die dokterpop het die kinders aangemoedig om hulle antiretrovirale medikasie te neem, al smaak dit nie so lekker nie. Ons het uitgebeeld dat die menslike liggaam oor meer rooi- en witbloedselle (soldate) beskik as viruses,” vertel sy.

Poppekas word ook gereeld by skole en kerke gebruik om kinders belangrike lesse te leer, soos onselfsugtigheid, mededeelsaamheid en hoe om mooi na die natuur te kyk.

Daar is baie gratis hulpbronne daarbuite vir jou om jou eie poppekas te skep.

Vir ‘n gratis draaiboek, besoek die skakel hieronder. Die handpop-toneel se karakters se van is [jy gaan dit nie glo nie] Le Roux.

KYK HIER: VETKOEKPALEIS

Volgens die Departement van Basiese Onderwys word skeppende kunste (soos poppespel) aangebied omdat dit kinders kreatief maak.

Volgens die department bied kunste blootstelling aan 'n reeks kunsvorms insluitende dans, drama, musiek en visuele kunste. Die hoofdoel van die vak is om leerders as kreatiewe, verbeeldingryke individue te ontwikkel wat die kunste waardeer en wat 'n basiese kennis en vaardigheid sal hê.

As mens so na van die kunstake kyk wat Span Scheepers en Span Le Roux al gemaak het, is sulke vakke duidelik ‘n sukses.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.