Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 34: Talent in al die vingers - Kwarantyn

Nuus
13 Julie 2020
Ontmoet die beste vingerverf kunstenaar in die wêreld.
iris article (1)

Beide families het die week vir ons gewys dat jy nie ‘n verfkwas nodig het om ‘n treffende kunswerk uit te sit nie.

Daar is so baie maniere om uiting te gee aan jou kreatiwiteit met talle tegnieke en mediums wat jou verbeelding sal laat weg hardloop.

Alhoewel die families se kunswerke glad nie te sleg was vir hulle gegewe tyd en gereedskap nie, het ons bietjie navorsing oor vingerverf gaan doen en vir Iris Scott ontdek.

Ontmoet die wêreld se beste vingerverf kunstenaar.

Moontlik een van die enigste volwassenes wat nog met haar vingers verf, Iris het per-ongeluk ontdek hoeveel meer gemaklik dit vir haar is om haar olieverf met haar vingers te manipuleer en van toe af nooit weer ‘n kwas opgetel nie.

Iris is glad nie die eerste kunstenaar wat hul vingers gebruik om kuns te maak nie, maar sy is beslis die eerste een wat haar hele kuns loopbaan gewy het aan die tegniek.

Tot op datum het Iris al oor die 500 skilderye met haar vingers geverf. Dit neem haar so ‘n paar dae om haar volgende kunsstuk te beplan en dan nog ‘n paar weke om dit te voltooi.

Alhoewel Iris haar tyd neem met die enorme skilderye beweer sy dat dit vinniger gaan as wat sy met ‘n kwas sou geverf het. Sy vertel hoe sy nie tyd mors tussen kleure om eers die kwas af te spoel en droog te maak nie, sy vee haar vingers af met ‘n stuk lap en kan dadelik die volgende kleur vat.  

Die finale produkte is nie net indrukwekkend nie, maar beslis asemrowend sodra jy besef dat dit alles met slegs haar vingers geverf is.

Voor julle dink dat hierdie vingerverf meesterstukke maklik bekombaar is, dink weer. Iris se werk verkoop tans in die VSA vir tussen $4 500 en $45 000 per portret.

Iris bied ook talle YouTube videos aan, waar sy vir mense leer hoe om hulle vingers te gebruik om te verf.

Wat dink jy van ons twee families se doen en late in Kwarantyn? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn.

Onthou om te stem vir jou gunsteling familielid van Woensdag 21:00 tot Maandae 22:00 op Web, Mobi, SMS en App

Onthou elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&Kie (Dstv kanaal 145) uitgesaai en elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunte om 20:00 op kykNET, kanaal 144.