Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 34: Klein bietjie wyn – Kwarantyn

Nuus
13 Julie 2020
Hier is ons huismaats se gunsteling-drankies.
Wyn vir die pyn Kwarantyn

Foto: Getty Images

Hoewel Suid-Afrika nogsteeds op vlak 3 van inperking is, het president Cyril Ramaphosa op Sondag, 13 Julie, aangekondig dat die verkoop van alkohol wéér verbied sal word. Dié regulasie het onmiddellike ingetree. Dié besluit is geneem om druk op hospitale te verlig om sodoende meer aandag aan COVID-19-gevalle te rig as alkohol-verwante gevalle.

Indien jy nie agter gekom het nie, hierdie is wat ons huismaats drink:

  • Adriaan:
    Indien Adriaan nie ’n whiskey met lemonade skink nie, is hy ’n groot aanhanger van gemmerbier as nie-alkoholiese alternatief.
     
  • Austin:
    Hoewel Austin vodka verkies, is sy gunsteling nie-alkoholiese drankie gewone kola.

SPEELLYS: KWARAN-TUNES VIR KWARANTYN

  • Avril:
    Vir Avril is dit maklik: Sy drink nie alkoholiese verversings nie. Daarom verkies sy “passion fruit en lemonade”.
     
  • Braam:
    Braam hou ook van kola. En sy gunsteling alkoholiese-drankie is Black Label.


     
  • Caryn:
    Caryn drink graag vrugtesappe, en vir ’n bietjie ekstra skop verkies sy ’n glasie rosé of Appletiser.
     
  •  Jade:
    Jade is gek oor Tropika en rooibostee. Sy teug ook graag aan Amarula of Strawberry Lips (met ys en melk).
     
  • Heinrich:
    Heinrich is ’n Cream Soda-man. En sy gunsteling alkoholiese verversing? Brandewyn en kola.


     
  • Kel-cee:
    Kel-cee is gek oor warm sjokolade, vanielje-melkskommel, piesang-smoothies en Tropica. Sy drink ook graag Amarula of Strawberry Lips.
     
  • Lisa:
    Lisa is óók gek oor kola. En vodka met passion fruit en lemonade maak haar ’n baie gelukkig dame.

LEES OOK: WATTER STEREOTIPE IS JY?

  • Manie:
    Soos die res van die Le Roux-familie is Manie se gunsteling-drankie ook kola, en vir ’n ekstra bietjie skop hou hy van brandewyn daarby.
     
  • Pamela:
    Auntie Pam hou van veselperske- of lemoensap. Sy genhiet graag ’n glasie semi-soet-witwyn elke nou en dan.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag 21:00 tot Maandae 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app.

Onthou elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.