Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 33: Wanneer ’n Binnelanders-ster kom kuier – Kwarantyn

Nuus
12 Julie 2020
Ons gesels met Cindy Swanepoel oor haar onlangse besoek aan Kwarantyn.
Cindy Swanepoel

Tydens dag 33 was die Scheepers- en Le Roux-familie uitgedaag om elkeen ’n karakter te vertolk vanuit ’n Binnelanders-toneel. Hulle was verras deur ’n baie spesiale besoek van Cindy Swanepoel.

KYK OOK: WANNEER CINDY INLOER

Vroeër die dag moes hulle gebruik maak van ’n video waarin Cindy in die karakter van Carmen hulle wys hoe om te oefen. Manie is ’n groot aanhanger van Cindy, en sy reaksie was onvergeetlik. Toe hulle mekaar ontmoet, het Cindy ’n traan gepik.

KYK OOK: CARMEN WYS ONS HOE

Na haar besoek het ons haar raakgeloop op stel en bietjie gesels:

  1. Hoekom was jy so emosioneel toe jy vir Manie ontmoet?
    “Dit beteken vir my regtig baie as mense my werk waardeer, en dit is tog hoekom mens dít doen. Jy doen dit nie vir die ego nie. Dis regtig lekker as mense sien wat jy doen. En Manie hou duidelik nie net van Annelize nie, maar ook van Carmen.”
     
  2. Hoe is dit hier op die Kwarantyn-stel?
    “Dit is baie aangenaam. Ek is net so overwhelmed soos hulle! Dis lovely om te sien hoe alles werk, en dit was heerlik om beide gesinne te ontmoet. Almal is regtig beautiful en opgewonde, en hulle lyk of hulle nog lank daar kan bly. Dit lyk ook heel lekker om daar te bly.

    “Dit was vreemd om buite te staan. Dit is baie weird wat COVID-19 aan ons almal doen. Natuurlik sou die ervaring anders gewees het as ek saam met hulle in die huis kon wees, ’n drukkie kon kry, en ordentlike foto’s kon neem. Maar dis tog waarop die program gebaseer is. As dit nie vir COVID-19 was nie, het Kwarantyn nie bestaan nie so dis ’n Catch 22, wat interessant is.”


     
  3. Hoe het jy inperking ervaar?
    “Dit was vir my soos ’n vakansie. Ek is blessed om nog werk te hê en in Binnelanders te kan wees, maar om bietjie af te kan wees is ook vir my lekker. Ek het maar kreatief geraak: Ek het tuin gemaak, báie geoefen, báie geëet...”
     
  4. Wat is jou raad vir die twee families wat soveel tyd saam in een huis moet deurbring?
    Just be kind to yourself. Ek dink jy moenie te veel doelwitte stel nie, want jy wil nie noodwendig jouself teleurstrel nie. Fokus op wat belangrik is: Die mense wat saam met jou in die huis is, en hoe julle mekaar hanteer. Alles gaan oor teamwork, en mens besef hoe belangrik mense vir mekaar is, veral as jy weer buite toe gaan: ’n Mens kom dan agter jy kan nie eers meer jou vriende drukkies gee nie, so cherish what you have.”
     
  5. En jou raad vir vanaand se uitdaging?|
    “My raad: Haal asem en vat jou tyd. Dink oor wat jy sê. Wees eerlik. Luister na die ander persoon. Vertrou mekaar, luister na die ander persoon. Julle is in ’n span. Hierdie is nie individuele spel nie. Dit gaan oor die ander persoon. Maak oop vir die kamera en have fun. Dis só lekker om toneel te speel.

    “Selfs al dink jy nie eers jy is goed daarin nie. Trust yourself.


Cindy vertolk die rol van dr. Annelize Roux in Binnelanders. Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET, DStv-kanaal 144. 

Wat het jy van ons twee families se toneelspel gedink? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn.

Onthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.