Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 33: ‘n Spesiale Sondag – Kwarantyn

Nuus
12 Julie 2020
Hou só kontak met familie tydens inperking
GettyImages 1212704497

Suid-Afrika se inperking is nog aan die gang, en as jy so na aktualiteitsprogramme soos KN Pandemie kyk, is dit iets wat nog lank deel van ons lewens gaan wees.

Onder inperking is dit moeilik vir families om mekaar te sien, veral as hulle in verskillende provinsies bly. Tans is dit baie belangrik vir families om hulle afstand van mekaar te hou om nie die Koronavirus verder te versprei nie, maar nou, meer as ooit, het jy ook jou jou kinders, ouers en familie nodig.

Die goeie nuus is jy kan vandag, of enige ander dag, ‘n spesiale tydjie met jou familie maak sonder om fisies in kontak te tree.

LEES OOK: HOU JOU EIE KARAOKE AAND

Hier is maklike, en veilige maniere om seker te maak julle sien mekaar.

Maak ‘n video oproep:

Daar is talle maniere om mekaar te sien danksy video-oproepe. Inteendeel, jy kan iemand reg oor die wêreld kontak. Daar is verskeie maniere om weer te gaan kuier by jou familie. Die oproepe kan soms wel duur word, omdat dit baie data vereis. Voor jy sulke oproepe maak, kies ‘n laer videoresolusie as jy geld wil spaar tydens die oproep. As jou selfoon aan WiFi gekoppel is hoef jy nie te veel te stres nie, en kan jy gerus in hoë-resolusie bekende gesigte weer sien, en lekker kuier. 

Stuur ‘n boodskap na DStv-kanaal 149:

Wil jy vinnig en maklik kontak maak? Wel, stuur 'n boodskap op televisie wat op DStv-kanaal 149 sal verskyn as jy die hutsteken #Kwarantyn gebruik op Twitter en Instagram, of as jy woorde van ondersteuning op Facebook publiseer, verskyn dit ook op televisie. Jy kan altyd ook vir jou geliefdes groet.

LEES OOK: KOM DANS SAAM EN WEN

Kyk saam ‘n konsert of toneelstuk:

Moenie dink jou vermaak is net beperk tot die kleinskerm nie, baie kunstenaars bied tans aanlyn konserte aan. Selfs die Suid-Afrikaanse Staatsteater in Pretoria bied nou digitale produksies aan, en van 20 Julie is die Afrikaanse klugkomedie Koekeloer op die [digitale] planke. Die toneelstuk speel af in Stellenbosch waar twee deelnemers van die Koekedoor-kompetisie se wêreld omver gegooi word toe ‘n klouterdief, predikant, privaatspeurder en ‘n bokskampioen betrokke raak. Kyk om sulke vermaak saam te deel, want almal kan dit gelyk begin kyk. Na die tyd kan almal ‘n groepbespreking oor wat hulle geniet het, en hulle hoogtepunte deel. Dis ‘n maklike manier vir almal om saam te praat, en lekker vermaak te deel

Stuur ‘n maaltyd of iets soet:

Daar is baie kosaflewering-dienste wat heeltemal digitaal is. Veral groot Suid-Afrikaanse stede geniet die dienste van kosaflewering wat jy op jou selfoon kan bestel en dan iewers anders kan laat aflewer. Om blomme te stuur is heelemal 'n 2019 faux pas. Tydens inperking wil jy juis nie dat jou geliefdes die huis moet verlaat nie, so laat iets vir hulle aflewer. Niks skree "Ek gee om vir jou" soos ‘n geurige maaltyd of ‘n bobaas poeding. Jy kan ook altyd op Vrydae wanneer Span Le Roux en Span Scheepers gemorskos maak kyk of jy dieselfde gereg vir jou naastes kan stuur. Dis nou lekker!

Wat dink jy van ons twee families se doen en late in Kwarantyn? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn.

Onthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.