Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 33: ‘n Aktiewe aktrise – Kwarantyn

Nuus
12 Julie 2020
Cindy Swanepoel deel oefenraad.
Screenshot 2020 07 12 at 11

Min goed gee middelike vreugde soos om ‘n bekende op straat te sien nie. Dit sal baie aanhangers se palms laat sweet. Maar as ‘n aktrise [wat baie fiks is] met jou oefenraad deel in Kwarantyn gaan meer as net jou palms sweet.

Cindy Swanepoel (Annelize Roux-Koster in Binnelanders) het vanoggend die oefenklas gelei vir albei spanne – en sy was nie bang om almal uit te daag om hulle spiere te laat strek nie.

Tydens inperking raak dit belangrik om meer gereeld by die huis te oefen, en Cindy het talle raad. Vir inperking het sy haar eie sketskomedie videos vir YouTube geskep in die karakter van Carmen. Carmen sal jou maagspiere seer maak van die lag, maar ook jou ander spiere takel met maklik-om-te-doen oefenplanne in en om die huis.

Hier is van haar top oefeninge:

Bergklimmers:

Die oefening is uitstekend om jou maag en boudspiere te ferm te kry. Die oefening help ook met postuur, omdat dit ook jou rugspiere versterk.

Hurk:

Gedink jou bank is net om op te sit? Nee, gebruik dit vir boudoefeninge. Kyk na die lekker video waar Carmen dit verduidelik. Dit gaan ook jou bene uitdaag.

Hindernisbaan:

Vernader allerdaagse items wat om die huis is in ‘n hindernisbaan wat jou gaan help oefen. Selfs die asblik kan jou help met 'n bietjie verbeelding.

Armoefeninge

Sit iets swaar in jou koelerboks, en gebruik dit as ‘n gewig om jou arms te oefen. Dis 'n maklike manier om ferm arms te kry.

Skree in ‘n kussing:

Met so baie emosies tydens inperking, help oefen om jou te kalmeer, maar as jy regtig van jou frustrasies wil ontslae raak, skree ook in ‘n kussing.

Wat dink jy van ons twee families se doen en late in Kwarantyn? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn.

Onthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.