Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 32: Ritme vir Afrika – Kwarantyn

Nuus
11 Julie 2020
Jy kan nie stry dat Suid-Afrika wonderlike eiesoortige musiek het nie
GettyImages 1156019441

Dink aan groepe soos Van Pletzen, 'n ietwat spottenderwys elektro-pop groep, wat puik Afrikaans  dansmusiek oplewer. In 2020 kan Suid-Afrikaanse kunstenaars meer ekspressief as ooit wees, en dit verseker baie nuwe danspassies.

Kunstenaars soos Sjo Majozi kry internationale blootstelling, al sing en kletsrym sy slegs in Tsonga en Engels. Laasjaar het die Ndlovu-jeugkoor die Amerikaanse kykerspubliek se harte gesteel toe hulle tot die eindrondte van America’s Got Talent kon deurdring.

Na albei spanne al moes leer om in verskeie Afrika-tale te groet, is dit geen wonder Die Opsigter het hulle uitgedaag om ‘n dans te skep wat die gees van Suid-Afrika en Afrika vasvang.

LEES OOK: GROET MEKAAR

Vir die Le Roux’s was niks lekkerder as hul eie rubbersteweldans, terwyl Manie saam die Scheepers gewoeker het met hul eie weergawe van Waka Waka.

As hulle groepsdanse jou lus gemaak het vir Suid-Afrikaanse musiek wat jou voete op jou eie dansvloer sal kry, hier is lekker musiek wat die heupe sal losmaak, wat diep verbind is tot Suid-Afrika.

  1. “Huku” – Sho Madjozi
  2. “Afrikaners is plesierig” – Karen Zoid
  3. “Wololo” – Babes Wadumo
  4. “Move for Me” – Cassper Nyovest
  5. “Back to the beach” - Sketchy Bongo, Shekhinah, Kyle Deustch
  6. “Show dem (Make the circle bigger)” – JR, Joey Rasdien, HHP
  7. “Pata Pata” – Miriam Makeba
  8. “Thunderbolts and lightning” – Jack Parow, Simon
  9. “Makhe” – Shimza, Moonchild Sanelle
  10. "Amaxoki" – Distruction Boyz

Wat dink jy van ons twee families se doen en late in Kwarantyn? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn.

Onthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai wo