Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 32: Dans, braai en Kurt Darren

Nuus
11 Julie 2020
Dag 32 was weer vol opwinding! Kom loer saam.
Dag 32

Die twee ‘nuwe’ familielede het twee baie uiteenlopende opstaan ondervindinge beleef vanoggend.

Waar Austin gewoond is om rustig wakker te word en self die res van die huis te betree was hy vanoggend vroeg al deur Adriaan en Heinrich wakker gemaak, en arme Manie het alleen by die tafel in die Scheepers huis gesit en koffie drink terwyl die res van die huis wakker word.

Met die ysige wind in die lug het die families die gazebo betree om die dansies wat hulle al vir die laaste paar dae oefen op te voer.

Dit was op die einde van die dag Span Le Roux wat die dans gewen het en die eerste punte vir die dag gewen het. Vertel vir ons wie julle gunsteling was in hierdie uitdaging.

Koskenades was volgende op die agenda en vandag het die families vir ons lekker snoek op die braai gegooi.

Braam en Austin het ‘n uitmuntige span in die #SpanLeRoux kombuis gemaak en ‘n baie lekker gereg voor gesit, maar dit was #SpanScheepers wat die keer punte in die sak gedruk het.

S1 D31 35
S1 D31 34
S1 D31 35
S1 D31 35
S1 D31 35
S1 D31 34
Gallery

Die families het ‘n onverwagte verassing ontvang toe die foon lui en Kurt Darren skielik aan die ander kant verskyn. Kyk, as een van Suid-Afrika se grootste musiek sterre vir jou advies deel oor sing en opvoer dan luister jy met spits ore.  

Kurt het ook vanaand vir die Opsigter gehelp om ‘n wenner te kies in die Elvis Presley geïnspireerde karaoke.

Die heupe het so lekker geswaai dat nie eers Kurt Darren ‘n algehele wenner vir die karaoke kon kies nie en die spanne het elkeen met 1500 punte die aand afgesluit.

Dit is ‘n ysige aand in Kwarantyn, maar môre sal die son weer skyn. Ons kan nie wag om te sien wat hierdie twee families gaan aanvang nie.