Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 31: Van trane rol tot huise ruil – Kwarantyn

Nuus
10 Julie 2020
Só het dag 31 verloop.
Opsomming

In ons eerste [en enigste] peiling vir die dag wou ons by julle weet wie vandag al die beddens op moet maak: Jade of Kel-cee. Die uitslae was as volg:



Die dag is afgeskop met ’n elektroniese kuiertjie saam met Elsa van Die GROOT Ontbyt. Herleef die gesprek hier.

Die lekker kuiertjie is gevolg deur ’n stewige ontbyt, waarna die Opsigter aangekondig het dat Manie en Austin onmiddellik huise moet ruil. “Vanaf nou tot na die splinternuwe Sondagaand-speletjie is Austin ’n Le Roux, en Manie ’n Scheepers,” het die Opsigter gesê. “En ja, dit beteken ook dat julle nou alle uitdagings as deel van die ander familie aanpak. Spanwerk, ouens, spanwerk.” En die twee manne se reaksie was onvergeetlik: 

Kyk hier hoe ruil hulle uiteindelik huise. 

Hierna moes beide families hulle dansie met die nuwe familiielede deel, en oefenuur was amptelik hiervoor gebruik.

Toe breek die tyd aan om vir Max te groet, en dit was ’n báie emosionele oomblik gewees. Daar was trane en drukkies soos die families hom moes groet. Herleef dit hier.

Caryn was veral baie hartseer, en ons harte het vir haar gebreek tydens 'n baie emosionele onderhoud – kliek hier vir die volledige gesprek.  



LEES OOK: TOTSIENS ONS SWART EN WIT VIERPOOT-KIND

Soos oudergewoonte was dit tyd vir koskenades, en wat dan nou lekkerder as ’n tradisionele Durban Bunny Chow vir gemorskos-Vrydag?

LEES OOK: TROOS JOU SIEL MET DIÉ KOSSE

Dié kosuitdaging is 1 000 punte werd en die Le Roux-familie het die Opsigter beïndruk met hulle geurige dis. Hulle stap dus weg met n addisionele punte.  

LEES OOK: KOTA VS GATSBY VS BUNNY CHOW – WAT IS LEKKERDER?


Na koskenades was dit soos oudergewoonte weer tyd vir speletjiesaand, en Vrydae toets ons die families se kennis deur uit te vind of hulle ’n spesifieke aantal bekendes onder dertig sekondes kan herken.



Die speletjie was 2 000 punte werd. Na die eerste rondte, was beide families gelykop, en hulle het die opsie gehad om óf die punte gelyk te deel, of 'n tweede keer te probeer. Die families het gesamentlik verkies om nog 'n keer te probeer. Na die tweede rondte het die Scheepers-familie twee ekstra bekendes herken, en stap dus weg met
2 000 punte. 

Het jy al vir Kaktus van die week gestem? Kliek hier. 

Onthou om jou weergawe van die Kwarantyn-dans met ons te deel deur die hutsmerk #KwarantynDans op FacebookInstagram en TwitterOnthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.