Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 31: Totsiens ons swart en wit vierpoot kind - Kwarantyn

Nuus
10 Julie 2020
Die Scheepers gesin groet vir Max.
Cereal Boxes (3)

Totsiens Max

Van die oomblik wat die Scheepers familie hierdie bang en benoude brakkie in die stoor kamer gekry het was ons harte gesteel.

Max het dalk ‘n rowwe begin in die lewe gehad, maar nadat hy ‘n paar weke saam met die Scheepers-familie deurgebring het, verstaan hy werklik wat ware liefde van mense is.

Die stertjie was nooit te ver van een van die familielede af nie. Altyd nuuskierig en opgewonde oor wat gebeur en gereed om al die groot oorwinning te vier of die gesin na ‘n verlies te troos.

Hy het so ‘n groot deel van die Kwarantyn-verhaal geword en ons is ongelooflik gelukkig dat hy ‘n liefdevolle gesin gekry het om vir hom te sorg.

Max was beslis die mees geliefde en bedorwe lid van die Scheepers-stam. Van lekker magie-vryf, slaap op die bed en speeltyd in die tuin, het hierdie hond ‘n koninklike lewe in die Kwarantyn huis gelei.

Ons het vanoggend met lang trane en groot drukke vir ons Max vir ou laas gegroet. Ons weet nie wie meer hartseer was oor die totsiens nie, die Scheepers of die produksie-span.

Die bedjies gaan dalk vanaand ‘n bietjie kouer wees, maar ons harte is vuurwarm met die herinneringe van ‘n liefdevolle wit en swart vierpoot kind wat ons op ons skerms gesien het.

Onthou dat soos Max, daar baie ander hawelose hondjies is wat ‘n goeie huis en liefdevolle families soek. Inteendeel het die hoeveelheid hawelose troeteldiere drasties op gegaan vandat die nasionale inperking ingestel is.

In afwagting van vandag se groot groet, het ons gister geloer na ‘n paar Max oomblikke wat ons laat glimlag het. Loer weer na hulle hier.

Ons het vanoggend bietjie met Caryn gesels oor hoe sy voel oor Max se vertrek.

Max het na sy emosionele groet ook ‘n draai aan die produksie kant gemaak en vir ou laas sy familie op die skerms in die beheerkamer gesien voordat hy terug gevat is 4Paws toe om sy nuwe familie te ontmoet.

Kwarantyn saai vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers, en vertel vir ons wat julle gunsteling Max oomblik was.