Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 31: Inperking – Só oortree Suid-Afrikaners – Kwarantyn

Nuus
10 Julie 2020
Dié reëls word regoor Suid-Afrikana oortree.
Reels en regulasies

Bheki Cele, minister van polisie, het onlangs bekend gemaak watter reëls en regulasie meer algemeen landswyd en in elke provinsie oortree is sedert die aankondinging van inperking tot en met 19 Junie 2020.

Cele het gesê dat daar in hierdie tydperk sowat 270 000 mense gearresteer is weens die verontagsaming van die reëls en regulasies wat deur die regering uiteengesit is. 

Suid-Afrikaners wat gearresteer word vir minder ernstige oortredings word nou die opsie gegee om ’n skulderkenningboete te betaal. Hoewel dié boete jou instaatstel om ’n hofverskyning los te spring, stap jy nogsteeds met ’n kriminele rekord weg.

LAAI AF: SKULDERKENNINGSBOETES – ALLES WAT JY MOET WEET

Cele het dit bekend gemaak dat daar sowat 22 815 Suid-Afrikaners is wat alreeds skulderkenningboetes betaal het, en dat ’n verdere 199 677 Suid-Afrikaners nog óf in die hof moet verskyn, óf hulle skulderkenningboetes moet betaal.

Die volgende oortredings was tydens die onderskeie inperkingsvlakke meer algemeen:

Vlak 5:
Tydens vlak 5 was die algemeenste oortreding die versuiming deur Suid-Afrikaners om by hulle wonings te bly, tensy noodsaaklike dienste uitgevoer moes word, of noodsaaklike goedere of toelae verkry moes word.

Vlak 5 en 4:
Verskeie Suid-Afrikaanse besighede of ondernemings het tydens vlak 5 en 4 versuim om handeldryf te staak, tensy handeldryf die verskaffing van voorraad aan noodsaaklike dienste ingesluit het.

Vlak 4:
Die algemeenste oortreding tydens 4 was Suid-Afrikaners wat, ongeag die reëls en regulasies wat uiteengesit is, nogsteeds in groepe byeengekom het.

Vlak 3:
Tydens vlak 3 was die algemeenste oortreding die onwettige verkoop en handeldryf van tabak-produkte en/of elektroniese sigarette.

Verder was Limpopo die provinsie met die meeste boetes betaal (11 417), gevolg deur Gauteng (3148) en kort op dié provinsie se hakke KwaZulu-Natal (2 466). In die Wes-Kaap was daar slegs 194 boetes betaal.

In Mpumalanga is daar reeds 1 859 boetes betaal, en in Noord-Wes 1 433. In die Vrystaat 819, en in die Oos-Kaap 1 379. Laastens, in die Noord-Kaap was daar slegs 109 boetes betaal.

Maak seker jy is ingelig en weet wat die reëls en regulasies van elke vlak is deur die Nasionale Regering se amptelike webblad te besoek. 

Wat dink jy van ons twee families se doen en late in Kwarantyn? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn.

Onthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.