Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 30: Max kry ‘n nuwe huis – Kwarantyn

Nuus
09 Julie 2020
Binnekort is Span Scheepers een lid minder. Vandag het hulle uitgevind, Max is aangeneem.
Dag 23: Kwaliteit Kwarantyn Tyd saam met Max - Kwarantyn Image : 10643

‘n Tranerige Caryn kon nie haar hartseer wegsteek vandag toe sy uitvind Max is aangeneem. En dis geen wonder nie. Die oulike hond het in almal se harte ingekruip.

Span Scheepers het hulself as wonderlike pleegouers bewys toe hulle tydens Kwarantyn vir Max moes sorg, en ‘n weeshond met so baie liefde en energie, in hul huis (en op hul beddens) aanvaar het.

Max was deur 4Paws aan Span Scheepers bekendgestel om fokus te gee op troeteldiere wat nuwe huise kort in Suid-Afrika. Inteendeel, gedurende gesprekke met die diere-liefdadigheidsorganisasie het Span Scheepers uitgevind al hoe meer troeteldiere haweloos is toe inperking ingestel is.

LEES HIER: LEER KEN MAX EN VLOOI

Dus het hulle moeite gemaak om soveel liefde moontelik vir die pragtige knuffel-hond te gee. Die Scheeper’s was nooit bang om Max op te praat aan die Kwarantyn gehoor nie, en hulle het deurlopend die boodskap probeer deurgee dat mense moet eerder: “Adopt, don’t shop”.

Max se tyd op die televisie was vol wonderlike memories saam Span Scheepers – so dis geen wonder daar is baie nat wange vanaand nie. Wat nog van die nat wange wat wag op Dag 31 as almal die pragtige hond moet groet wat albei spanne, en kykers, se harte gesteel het.

Hier is 7 Max-moments wat jou sal laat glimlag.

1. MAX SE SPA DAG

Max word gebad, en almal ontferm hulself oor hom tydens sy eerste skoonmaak-sessie in die Scheepers-huis.

2. PAM VERTEL MAX HY HET ‘N PLEK IN HULLE HUIS

Max is geleer om mooi uit sy eie bakkie te eet, en in die Scheepers eetkamer praat Pam met Max oor sy eie spesiale plek in hulle huis.

3. MAAK MAX FAMOUS

Dis geen wonder Max is aangeneem nie, Span Scheepers het gehelp om hom aan die publiek bekend te stel. En sy persoonlikheid het deurgeskyn!

4. SY NAAM IS MAX-FLASH

Hy kan lekker hardloop! Sos dis geen wonder kon heeltyd lekker in die Scheepers-tuin speel.

5. HET JY GE-OOR

Max kon alles in Span Scheerpers se huis eerstehands ervaar, so natuurlik was sy ore baie gespits.

6. MAX EN CARYN DEEL TYD IN DIE TUIN

Caryn was net vol liefde vir max, soos die tye wat hulle alleen saam was bewys.

7. JADA EN KEL-CEE KAN NIE GENOEG KRY VAN MAX NIE

Die susters het ‘n hond by die huis, so dis geen wonder hulle het vinnig met Max ge-bond nie.

Het jy 'n hond of kat? Watse staaltjies kan jy deel oor die troetelldiere in jou huis? Bly op hoogte met die honde van Kwarantyn en hulle gesinne deur ingeskakel te bly op kanaal 149 en gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.