Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 30: En die punte gaan aan? – Kwarantyn

Nuus
09 Julie 2020
Hier is die groepstaak, Koskenades en speletjiesaand se uitslae.
Screenshot 2020 07 09 at 21

Na 30 dae is niks in die Kwarantyn-huise voorspelbaar nie, behalwe dat daar elke dag take is wat die spanne punte help verdien. Albei spanne kon weer punte wen met verskeie take, maak nie saak wat hulle meer besig is nie (selfs al is jy in die stort).

Want as Die Opsigter praat, moet jy luister. Die dag het begin met die peiling of Adriaan of Heinrich 40 push-ups moet doen. Arme Adriaan moes uithaal en wys, en gou sy arms flex vir die kameras.

Dis na ‘n nuwe dag begin, waar Braam al die Le Roux’s wakker sing met die hulp van Heinrich. Dis beslis 'n eiesoortige alarm.

Maar dit was vinnig weer tyd vir die dag se Groepstaak, en almal moes potte versier.

6dcf6448 af70 4c50 96c6 aa4130d4db20
f479f120 3f7f 448e aa19 c4732f75cc9a
cb64e75f 185f 4b20 bfb6 412c48fe3e2a
c79428c8 5f5b 4367 8566 b7f512e9f2bd
42993d5f 3397 4b8f 9fce 251e1bde6053
Gallery
6dcf6448 af70 4c50 96c6 aa4130d4db20

Die pastel potte was baie mooi, maar Span Scheepers kon 1000 punte kry vir hulle verf vernuf.

Maar na die kunsuitdaging het hulle ook uitgevind Max verlaat hulle binnekort, na die nuus gedeel is dat hy aangeneem is – wat natuurlik baie nat wange veroorsaak het.

Maar dit het nie enige moed gedemper nie, inteendeel toe Koskenades begin was die span gefokus om fantastiese Denningvleis te maak. Die wonderlike dis is een van die oudste resepte wat in Suid-Afrika opgeteken is. Die spanne moes dit ook met kapokaartappels en rys bedien.

Resep: Denningvleis met geelrys en kapokaartappels

Span Scheepers het na gisteraand se nederlaag tydens Koskenades gewys hulle is kombuis-muise en het nog 1000 punte gewen met hulle gereg.

Terwyl die kos nog verteer word was dit weer tyd vir speletjiesaand, en die uitdaging is 30 Seconds. Die Suid-Afrikaanse bordspeletjie is in 1996 geskep toe Charl Esterhuyse van Gordonsbaai sportsterre se name op papiertjies geskryf het, en dit in ‘n bak gegooi het. Almal moes toe 'n papiertjie trek en die sportster verduidelik sonder om die persoon se naam te noem. Die speletjie het toe so lekker geword dat dit omskep is in die speletjie wat algemene kennis toets, wat vandag nog in winkels beskikbaar is.

Lees weer: Hoekom 30 Seconds?

Soos dit uitdraai kon die Scheeper's die Le Roux's oorrompel met algemene kennis, en die span is nog 1000 punte ryker na speletjiesaand. Dit beteken die span is nog 3000 punte ryker, na die Le Roux’s op Dag 29 skoonskip gemaak het met 4000 punte.

Maar dit beteken nie alles is maklik nie. In vanaand se peiling is dit besluit dat Span Scheepers met die hand al hul skottelgoed moet was. Maar met so baie punte in die pot, is dit seker nie so moeilik nie?

Kwarantyn saai vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers, en vertel vir ons wat julle gunsteling oomblik in die huis was vandag.