Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 3: Almal partytjie te lekker – Kwarantyn

Nuus
12 Junie 2020
Die Le Roux's en Scheepers dans vir 'n slag toe musiek die #Kwarantyn-huise se mure laat ruk.
DANS Le Roux1

Musiek, musiek en nog musiek! Vrydagaand kon #SpanLeRoux en #SpanScheepers litte losmaak toe elke huis musiek van Lukas Maree, Early B en Jack Parow ontvang het.

Almal het gedans en gelag, na nog 'n Koskenades-uitdaging.

En almal se heupe was lekker geolie toe die musiek begin speel, en die potte prut.

Maar wie is nou eintlik almal se gunsteling kunstenaar en liedjie? Ons het gaan uitvind:

#SpanLeRoux
Braam

Jo Black se “Hoop”

Jana

Bok van Blerk, Refentse, Rikus Nel is op die telbord as dit by kunstenaars kom, maar Adam Tas se “Harde Kole” is haar gunsteling liedjie.

Adriaan

Queen se treffer "Somebody to Love”

Lisa

Die Melktertkomissie se “Engel”

Heinrich

James Blunt se “Bones”

Manie

Robbie Wessels se immergewilde “Aan Jou van My”

#SpanScheepers

Austin

Hy meen hy het nie noodwendig ‘n gunsteling liedjie of kunstenaar nie – maar hy is mal oor Nicki Minaj en Cardi B.

Avril

Paxton Fielies is dié matriarg se gunsteling kunstenaar

Caryn

Maklik, Rihanna se“ Pon de Replay” kry haar op die dansvloer.

Jade

H.E.R steel haar hart (met hul hele katalogus).

Kel-cee

Vergeet van ‘n liedjie, Kel-Cee meen Jhené Aiko and Rihanna is haar gunsteling musiekmakers.

Pamela

Cece Winans se “Albaster Box”

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00.

Jy kan saam gesels deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik op FacebookInstagram en Twitter.​