Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 3: Alles stort ineen! – Kwarantyn

Nuus
12 Junie 2020
Blokkie-vir-blokkie vind die Le Roux's en Scheepers uit wie se hande die minste bewe.
jenga screen braam0

Die Kwarantyn-huis was volg sports met die Le Roux’s en Scheepers se eerste uitdaging vir die dag. Jenga was op die spel, en die Scheepers was bo-baas.

Gedurende die spel moes albei spanne maar die sweet van hul wenkbroue af vee soos hulle blokkie-vir-blokkie kyk wie se hande die minste bewe. Jy kon 'n speld hoor val elke keer as iemand 'n blokkie uit trek. Die spanne het drie-keer die stryd aangewend om die toring so hoog en stabiel as moontlik te bou. 

Kel-cee het bewys dat sy bekwame hande het om die toring te bou. 

Braam moes behoorlik op sy tone staan om by hierdie toring uit te kom.

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00. Jy kan saam gesels deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik op FacebookInstagram en Twitter.​