Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 29: Roetines is goed vir jou – Kwarantyn

Nuus
08 Julie 2020
Groepstake en koskenades kan jou gesonder maak!
Dag 11: Naby die aksie – Kwarantyn Image : 10522

Inperking het baie nuwe uitwerkings op mense, maar daar is een ding wat baie goed is om die geestelike-uitdagings van die Koronavirus teen te werk: roetines.

Met Die Opsigter in beheer het Span Scheepers en Span Le Roux darm vooruitbeplande dae, wat goed is vir jou algemene gesondheid.

Baie Suid-Afrikaners leef reeds met angs, wat ‘n doemsgevoel van vrees inhou, of dat sake buite jou beheer is. Tans is hierdie gevoelens skerper weens ‘n pandemie, en die onsekerheid hoe dit jou gaan raak. Self in die Kwarantyn-huis moes Braam al vir Austin moed inpraat. Hier is nog wenke om angs teen te werk:

Gevoelens van eensaamheid is normaal

Die mensdom is sosiale skeppings, en ons moet van natuur tyd saam mense spandeer. Omdat drukkies en soentjies tans nie so gereeld soos gewoonlik gedeel kan word nie is dit baie belangrik vir jou gesondheid dat jy kontak met mense maak. Hierdie gesprekke kan ook digitaal wees.

Kry jou emosies in lyn

Dis baie moeilik om nie emosioneel en wispulterig te raak tydens inperking, en om dit teen te werk vereis ‘n paar veranderinge.

  1. Kry ‘n roetine: Gewoontes skep struktuur in jou lewe en gee ons ‘n gevoel dat ons mates van beheer het. Oefentye, koskenades en groepstake in die Kwarantyn-huise help baie om seker te maak jou kop bly gesond. En jy kan maklik self aan sulke take by die huis deelneem.
  2. Eet gesond en oefen: Gesonde kos, 30-minute sonlig elke dag en baie water help jou om geestelik gesond te bly. Probeer ook dié heerlike (en gesonde) gereg wat al in Kwarantyn gemaak is. 
  3. Moenie heeldag op jou foon speel nie: Nuus, veral slegte nuus, breek jou af. Maak tye vir nuus, maar kry dit van betroubare bronne. Dit help dat jy die regte inligting kry wat nie geskryf is om reaksie uit te lok nie.
  4. Vermaak jouself: Stokperdjies is uitstekend om minder angstig te voel, maar selfs eenvoudige oplossings soos ‘n lekker fliek kyk sal ver gaan.

LEES HIER: RAAD VIR 'N STIL NAWEEK

Wat het jy tydens #Kwarantyn geleer? Of hoe veg jy teen angsgevoelens? Bly ingeskakel op kanaal 149 vir al die drama en aksie wat nog voorlê en gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.