Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 29: Gesoek, jou bloed – Kwarantyn

Nuus
08 Julie 2020
Manie het vandag 'n opvolgbesoek by die hospitaal, en dit skep 'n goeie herinnering om bloed te skenk.
GettyImages 674925953

Een van die grootste dramas wat nog op #Kwarantyn afgespeel het was beslis Manie se noodoperasie.

LEES OOK: MANIE DIE DAPPER MUIS

Dit was bewys, selfs al is jy voor die kameras, kan jy nie mediese probleme vryspring nie. Een van die belangrikste goed wat jy tans kan doen is bloed skenk wat verseker dat mense soos Manie gehelp kan word in 'n noodsituasie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) meen 1-miljoen Suid-Afrikaners benodig jaarliks ‘n bloedoortapping, en sonder goedhartige mense wat bloed skenk sou dit onmoontlik gewees het.

Maar 2020 het talle uitdagings en meer mense wat bloed skenk tydens die Koronavirus is noodsaaklik.

Vir die SANBS het dit belangrik geword dat skenkers gereeld bloei vir ‘n doel. Dis een van die moeilikste doelwitte vir die SANBS om te bereik, om seker te maak mense skenk gereeld bloed, sonder wispelturige besoeke. As jy onseker is oor bloedskenk tydens die Koronavirus – hier is belangrike vinnige-feite:

  1. Is SANBS skenksentrums tans oop? Ja, alle sentrums is oop, maar dit word gemonitor.
  2. Is dit veilig om bloed te skenk? Beslis. SANBS volg Koronivirus riglyne om seker te maak dat sentrums veilig is. Die SANBS is wel gereed vir situasies waar iemand met die virus in kontak kom met ‘n skenksentrum. Maar, die SANBS vra ook skenkers om seker te maak dat hulle maskers dra, en verlaat nie die huis as hulle koorsig voel nie.
  3. Mag jy bloed skenk selfs al het jy Koronavirus gehad? Ja, maar daar is dan ‘n wagtyd om seker te maak jy is gesond.
  4. Kan jy Koronavirus kry deur 'n bloedoortapping? Nee. Daar is tans geen bewyse dat jy die virus kan opdoen deur 'n bloedoortapping nie, en niemand is in gevaar nie.
  5. Waarheen gaan jou bloed? SANBS se bloedbank verskaf bloed vir talle mediese redes. Sowat 28% word gebruik tydens kankerbehandelings en anemie, 27% word gebruik tydens geboortes, 21% tydens operasies, 10% vir kindersorg, 6% word in laboratoriums gebruik en slegs sowat 4% gaan aan trauma-eenhede.

Skenk jy bloed? Hoekom is dit vir jou belangrik? Onthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.