Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 28: Lekkerte vanuit die Ooste – Kwarantyn

Nuus
07 Julie 2020
Hier is ’n oorsig van dag-28.
Kwarantyn dag 28

Die dag is afgeskop met ’n peiling waarin ons wou weet of julle, ons kykers, dink Jade ’n pienk pruik vir die volledige duur van die dag moet dra. En natuurlik was julle antwoord ja. Kliek hier om te sien hoe breek Heinrich dié nuus.



Sy was nie net ’n bok vir sports nie, maar katjie van die baan met dié nuwe voorkoms, maar het van al die stuitigheid uitgepaas op die bank.
 



Na ontbyt, was dit tyd vir ’n lekker energieke oefensessie, en vandag moes Kel-cee die leiding neem vir ’n pilates-sessie. Nie net het sy die families laat kreun en steun nie, maar ook lekker maak lag. Kyk hier.

KYK OOK: AVRIL KAN UITEINDELIK RUS



Na oefening, moes ons huise vandag se groepstaak aanpak. En die uitdaging vir vandag was herwinnig: Plastiek, glas en papier moes gebruik word om ’n model-vliegtuig te bou. Die wenspan ontvang 1 000-punte. En soos oudergewoonte moes slegs drie vanuit elke huis deelneem. Die Le Roux-familie het die opsigter beïndruk met hulle skeppings, en hulle het weggestap as wenners van die groepstaak. 

LEES OOK: ONS HERWINNING-HELDE

Teen dié tyd weet ons Lisa is die Le Roux’s se amptelike haarkapper: Vandeesweek was Adriaan en Manie onder dieselfde kam geskeer. Gister was dit Adriaan se beurt en vandag Manie s’n. 

KYK OOK: LISA IS ’N GEWILLIGE HAARKAPPER



Vir koskenades was dit weer die kinders se beurt om die kombuis op horings te neem. Op die spyskaart vas Thaise-groenkerrie met Oosterse rys en roti. Die wen-dis ontvang 1 000-punte.



Dit was nek-aan-nek, maar dit was die Scheepers-familie wat die opsigter beïndruk het en hulle gereg het koning gekraai. Hulle reaksie op dié nuus was onvergeetlik.

Die dag was afgesluit met speletjiesaand, en Woensdag beteken tyd vir Pictionary, waartydens die Le Roux-familie aangewys was as wenner vir hulle goeie spel. Hulle stap weg met ’n addisionele 1 000-punte én ’n gratis telefoon-oproep.

KYK OOK: LEER KEN SPANSCHEEPERS ‘’N BIETJIE BETER

In ons tweede peiling vir die dag wou ons weet of Heinrich maar eerder op die bank moet slaap. Die kykers het gestem, en die arme man moes maar nes skrop voor die TV.


Onthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.