Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 28: Herwinning helde - Kwarantyn

Nuus
07 Julie 2020
Met soveel rommel in die wêreld is daar 'n paar herwinnings-helde nodig. Lees hier hoe om een te word.
Cereal Boxes (1)

Ons lewe in ‘n tyd waar ons meer gemors maak as ooit tevore, en die aarde voel die newe-effekte al die pad van die see tot die wildtuin.

Plastiese bottels, strooitjies en nou selfs weggooimaskers lê die strate, strande en selfs ashope vol.

Tans word daar meer as 108-miljoen ton afval per jaar geproduseer in Suid-Afrika. Altesaam, 90% van die afval beland in ashope en slegs 10% van alle afval word herwin.

Hier is ‘n paar voorbeelde van items wat herwin kan word:

  • Koerante
  • Plastiese bottels
  • Tydskrifte
  • Ontbytpap bokse
  • Tissue bokse
  • Kantoor papier
  • Klein toestelle soos toasters, strykysters, potte en panne.

Items wat nie herwin kan word nie sluit in:

  • Breekware
  • Tissues
  • Doeke en sanitêre doekies
  • Sigaret-stompies

Met al hierdie rommel het mense baie kreatief begin raak en ‘upcycling’ het ‘n nuwe tendens geword.

Platforms soos Pinterest is propvol maklike en praktiese videos en idees van hoe om jou gemors handig te maak.

Hier is vir julle ‘n paar oulike maniere om die items in julle huis ‘n tweede lewe te gee, in plaas daarvan om dit na die ashope te stuur:

Plastiese bottels

Plastiese bottels kan herwin word in ‘n reeks maniere, van grimering houers tot kleurvolle bakkies vir voëlsaad.

Gebruikte toiletpapierrolletjies

Karretjies tot koninginne, hierdie oulike kartonrolletjies kan omtrent enige iets word met genoeg verbeelding en ‘n bietjie gom.

Leë ontbytpapbokse

Hierdie stewige bokse kan jou help om jou kantoor organisasie onder beheer te kry en selfs vir die klein mensies ‘n kasteel te bou.

Kwarantyn saai vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.